Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Abbahuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen-laan 28, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 900 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Abbahuis is net 150 m van die strand af in Stilbaai-Wes geleë en is 'n ruim selfsorghuis wat tot 9 mense kan akkommodeer.

Die dubbelverdiepinghuis bestaan uit 4 slaapkamers wat die gebruik van 3 badkamers deel; 2 van die badkamers is en suite. Een van die kamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede 2 enkelbeddens het. Die derde kamer het 'n dubbelbed, sowel as 'n enkelbed. 'n Koninggrootte-bed is beskikbaar in die vierde kamer, en die bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Gaste moet asseblief hul eie badhanddoeke saambring. 'n Kouewaterstort buite is ook beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die waskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser vir gebruik.

Gaste kan in 2 sitareas ontspan; die sitkamer op die boonste verdieping is toegerus met 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. DStv kan op versoek geaktiveer word teen 'n bykomende daaglikse koste. Die sitkamer maak ook oop op 'n stoep met 'n gedeeltelike see- en rivier-uitsig. Die sitkamer op die onderste verdieping maak oop op die onderdakstoep en braai-area. Parkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Stilbaai bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge soos voëlkyk, voetslaan in die natuurreservate, die Inverroche-distilleerdery, en die voer van die palings by die Stilbaai Toerismeburo.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Drickie E
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, dankie. Ons het baie lekker gebly. Die huis beskik oor alles wat benodig word en is goed geleë.
Feb 2024
Shaun S
Gesin met klein kinders
5.0
Ruim huis, perfekte ligging. Ons het 'n heerlike tyd gehad by Abbahuis. Die ligging is ideaal, binne loopafstand van die strand en rivier. Die huis he...
Sien meer
Jan 2024
Juanita V
Gesin met tieners
5.0
Die stoep van die huis is wonderlik. Die kamers van die kinders was aan die eenkant van die huis so hulle het gevoel dat hulle privaatheid kon hê. Ek ...
Sien meer
Aug 2023
Gavin K
4.6
Really pleasant stay. The stay was great, however, on the booking it states that there is secure parking and there was no secure parkin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Wiaan B
Gesin met klein kinders
4.0
Heerlik gewees net te kort. Ons ken nie regtig Stilbaai nie, maar dit was vir ons baie lekker. Ons sal graag weer daarheen wil gaan.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Petrea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Perlemoen-laan 28, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Abbahuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 900
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R3 900
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen-laan 28, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASdOl8MfhaNaiWdEDazUOdNV5Xu0PjvfO5ne1z0LmiXfSTplUQL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 900 per nag, vir 10 mense 9 5 1 5 28 Perlemoen Avenue Stilbaai West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.379287956926 21.421017874049

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang