Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Abbiamo Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Groentjie-rylaan (oos) 22, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Abbiamo Guest House bied bekoorlike en stylvolle verblyf. Ons is in Keidebees, 'n luukse woonbuurt in Upington, geleë. Abbiamo Guest House is werklik 'n droom wat waar geword het. Met ons hartlike ontvangs en gasvryheid bied ons graag 'n oase in hierdie warm klimaat.

Ons gastehuis is opgemaak met stylvolle, moderne en gerieflike dekor om ons gaste so tuis te laat voel soos by hulle eie huis. Ons bied kamers met en suite-badkamers met 'n groot stort en handdoeke. Al die kamers beskik oor 'n privaat ingang. Al die kamers is toegerus met die nodige geriewe om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak, insluitend lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, komplimentêre koekies, yskassies en TV's met geselekteerde DStv-kanale. Jy kan uitsigte op die tuin geniet vanuit sommige kamers en elke kamer het 'n klein agterplaas. Verder is daar ook braaiplek vir die gaste en strykgeriewe.

Kom ontspan in ons pragtige, ruim kamers. Koel af en herlaai jou batterye, of dit nou vir 'n vinnige oornag is of om 'n hele paar dae by ons deur te bring. Ons streef daarna om ons gaste gelukkig te maak en om elke liewe nag se verblyf onvergeetlik te maak.

Eet lekker by die restaurante, of besoek selfs die casino. Ons is ook naby aan die Oranjerivier geleë.

Ons voorsien veilige parkeerplek op die perseel vir ons gaste. Die gastehuis is net 'n entjie se ry van verskeie winkels, restaurante en vermaak af. Hoekom kom bly jy nie by Abbamio Guest House nie? Hier kan jy al die doendinge in Keidebees verken en die uitspattige lewe leef!

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Bert B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik ontspan in uiters netjiese en gerieflike fasiliteite. Ons is toegelaat om 'n uur vroeër aan te meld wat waardeer word. Rustige en veilige omge...
Sien meer
Okt 2024
Sanpat C
Saam met vriende
5.0
Gasheer baie vriendelik en hulpvaardig. Goeie ligging - weg van die hoofroete se. Baie lekker oorgeslaap. Gasheer baie vriendelik en hulpvaardig. Goei...
Sien meer
Sep 2024
Nancy O
Saam met lewensmaat
5.0
Worthy. We booked at very short notice and Gert was extremely accommodating. Nothing was any trouble. We left very early and Gert was t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Suria H
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Baie rustige en veilige area met baie mooi uitsig.
Apr 2024
Abigail A
Gesin met klein kinders
5.0
Very satisfied. Our stay was excellent. People were really friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Jan Groentjie-rylaan (oos) 22, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Abbiamo Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Groentjie-rylaan (oos) 22, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZlYWEzMmM1LWE4MmItNGNmNi04MDRjLWNlY2RmYzA1ZTE5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 50 5 1 5 22 Jan Groentjie Drive East Keidebees 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.438858227931 21.299789277447

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang