Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Abelia Guest Rooms

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Brand-weg 60, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R750 R563 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Abelia Guest Rooms is in Parys geleë en bied gerieflik gemeubileerde gastekamers. Abelia Guest Rooms is ook naby die trou venues en verskeie aftree-oorde in die omgewing geleë.

Verblyf is beskikbaar in kamers wat slaapplek bied aan 3 gaste of die gesinskamer wat slaapplek bied aan 5 gaste. Die kamers wat slaapplek bied aan 3 gaste het elk 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe asook WiFi. Die eiendom het ook 6 watertenks, gasgeisers en kragopwekkers vir beurtkrag.

Die gesinskamer het 'n koningingrootte-bed, 3 enkel beddens en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die woonstel het ook 'n kombuis, eetarea en 'n sitkamer met 'n TV met DStv.

Gaste kan die braaigeriewe gebruik wat beskikbaar is en veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Parys het 'n verskeidenheid doendinge soos stap- en 4x4-roetes, fietsroetes, abseiling, voëlkyk, gholfspeel, kunsvlieghengel en rivier- en witwatervlotvaart, asook valskermspring. Gaste kan ook die bekende Vredefort Dome besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Amanda O
Saam met vriende
5.0
Vriendelike, gasvrye gasheer en gasvrou wat hul gaste op die hande dra. Ons dames is baie vriendelik ontvang. Hulle het uit hul pad gegaan om ons tuis...
Sien meer
Des 2024
Frans T
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, rustig. Roger gee fantastiese diens. Geen probleme nie, plek geniet.
Nov 2024
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Aankoms was ons vriendelik gegroet, plekkie was perfek vir ons, dankie. Het lekker gebly deur en deur!
Okt 2024
Linda B
Saam met vriende
5.0
Gasvryheid en diens uitstaande. Heerlike verblyf. Gerieflik en gemaklik, met lekker braaiplek. Die gasheer het uit sy pad gegaan om ons verblyf lekker...
Sien meer
Okt 2024
Leila L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker, vriendelik, welkom. Ons het baie lekker gebly. Roger en Yvonne is baie aangename mense want ons het dadelik welkom gevoel.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Roger Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • President Brand-weg 60, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Abelia Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
R 750 R 563
per nag (plek vir 3)
Vanaf R750
R 750 R 563
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Brand-weg 60, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80da87ec5a62d1e3bd8e51921489c5538e2074a0dafc7c679a3cc320cfd9bfa67483ee946640b178dee5ae6aa33f32bc0369?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R563 per nag (plek vir 3) 87 5 1 5 60 President Brand Road Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.895896610328 27.469136810213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang