Absolute Beach
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 36, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R5 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Absolute Beach bied selfsorgverblyf met moderne, elegante en stylvolle binnenshuise versiering. Die woonstel is in die Ocean View-kompleks in Kusweg en bied 'n ononderbroke uitsig oor die horison en die see. Let asb. dat die swembaddens voor die woonstel slegs vir die mooi is en nie vir swem nie.
Die woonstel is 241 m² groot en is geskik vir 6 gaste. Daar is 3 ruim slaapkamers, 'n groot oopplan-kombuis en -leefarea, 'n aparte opwasarea en 'n beskutte stoep. Elke kamer, die kombuis- en leefarea en die stoep bied 'n onbelemmerde see-uitsig.
Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n koningingrootte-bed. Die kamer het groot vensters en 'n skuifdeur wat op die stoep met 'n see-uitsig oopmaak. Die tweede kamer het 'n en suite-badkamer, 'n koningingrootte-bed en 'n groot venster wat 'n uitsig oor die see bied. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en sy eie badkamer met 'n toilet. Al 3 kamers bied ononderbroke en panoramiese uitsigte. Gehaltelinne, badhanddoeke en katoenstrandhanddoeke is beskikbaar. Elke kamer het 'n groot kas en baie pakspasie en 'n waaier.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien, waterfiltreerder en koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die oopplan-kombuis en -leefarea bied 'n pragtige see-uitsig.
Die leefarea is modern en smaakvol versier en daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die leefarea het 'n waaier, 'n slim-TV en Netflix. Die woonstel het ook onbeperkte WiFi met ononderbroke kragtoevoer. Die leefarea lei na 'n ruim stoep waar gaste saans 'n skemerkelkie kan geniet en kyk hoe die son agter die Simonstadberge en Kaappunt se vuurtoring sak.
Die kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad, hysbakke, onderdakparkeerplek, ekstra gasteparkeerplek en 24 uur-sekuriteit.
Daar is doendinge soos wynroetes in Stellenbosch, Helderberg en Elgin, die Strand Gholfklub, Elgin-markie, voetslaanroetes en straatmarkies in die Strand en Gordonsbaai. Kleinmond, Hangklip en Pringlebaai is net om die draai en Somerset Mall bied verskeie winkels. Die Strand is ook bekend vir sy antiekewarewinkels en restaurante soos Ben's en De Brasserie is binne stapafstand. Die promenade is net oorkant die pad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Karien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kusweg 36, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Absolute Beach het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 36, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang