Accommodation Mosselbay
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Hilda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 61
Op LekkeSlaap 9 jaar
Opsomming van Resensie
Anonieme gas - Jul 2024
Algehele gradering
Shelley F - Mrt 2024
Algehele gradering
N huisie by die see! Dit voel behoorlik soos jou eie huisie by die see!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dankbaar dat julle jullie verblyf geniet het. Julle is 'n gawe familie wat enige tyd weer welkom is. Groete aan almal tuis. Johann en Hilda
Ada R - Mrt 2024
Algehele gradering
Asemrowend, rustig, baie lekker.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dankie dat julle by ons tuisgegaan het en dit geniet het. Dit was 'n plesier om julle te ontmoet en te ontvang - daarby ruil ons nog steeds nuus uit. Wat 'n besondere voorreg.
Groetnis,
Johann en Hilda
Adéle V - Feb 2024
Algehele gradering
Pragtige wooneenheid. Lieflike uitsig. Sentraal geleë.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dit was 'n voorreg om jul hier te ontvang. Enige tyd welkom. Groetnis Johann en Hilda
Charles L - Mrt 2024
Algehele gradering
Fantasties.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dankie dat julle hier tusgegaan het, al was dit 'n kort tydjie. Ons vertrou dat ons gawe mense soos julle weer in die toekoms kan ontvang.
Groete,
Johann en Hilda
Zelda P - Jan 2024
Algehele gradering
Sal weer van hulle gebruik maak.
Gregwull A - Feb 2024
Algehele gradering
Vriendlike mense se plek help altyd waar hulle kan en kommunikasie is tops.
Lucy B - Sep 2023
Algehele gradering
Hilda was an exceptional host and we had an awesome stay.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Lucy, It's so good to know you enjoyed your stay apart from the unusual weather we experienced in the Western Cape that weekend. Your positive outlook is a reflection of your personality. Best wishes to you and your family. Hope to see you soon. Regards, Hilda
Juanita V - Apr 2023
Algehele gradering
Heerlik, rustig en stil.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dankbaar julle het tuis gevoel en die wegbreek geniet, kom enige tyd weer. groete - Johann en Hilda
Sarene H - Apr 2023
Algehele gradering
Dit was 'n heerlike vakansie en het aan al ons vereistes voldoen.
Joane B - Feb 2023
Algehele gradering
Lekker vakansie.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Joanne - ons is dankbaar dat jul n rustige tydjie in die mooie Danabaai kon geniet . Kom besoek ons gerus weer in die toekoms. Groete. Johann en Hilda
Hanlie D - Feb 2023
Algehele gradering
Ongelooflike uitsig. Heerlike strand en vriendelike gasvrou.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hanlie, dit wan voorreg on julle hier by ons te ontvang en Baie bly dat jul die wegbreek geniet het .Julle is enige tyd welkom om weer te kom kuier as jul Danabaai kom besoek. Groete Johann en Hilda
Lionette S - Nov 2022
Algehele gradering
Rustig. Netjies en uitstekende gastehuis.
Lees meerAccommodation Mosselbay se terugvoer
Dis vir ons 'n riem onder die hart dat jul die wegbreek so geniet het. Ons is absoluut geseën om in hierdie paradys te kan woon en net so geseën om gawe mense soos julle te kan ontvang. Altyd welkom. Groete, Johann en Hilda.
Wiesie B - Nov 2022
Algehele gradering
Heerlike verbly met 'n pragtige uitsig oor die see.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Wiesie. Ons is baie bly dat julle die verblyf geniet het. Dit was ook 'n voorreg om julle vriendelike ouers te ontmoet. Stuur groete tuis en onthou, julle is gawe mense wat enige tyd welkom is. Johann en Hilda
Ds P - Apr 2022
Algehele gradering
Pragtige vakansiehuisie, lieflike hosts!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dankie vir jul mooi akkommodasie verslag. Dankbaar dat jul dit geniet het om hier tuis te gaan. Altyd welkom. Groete, Johann en Hilda.
Adele S - Mrt 2022
Algehele gradering
Pragtig, rustig, skoon lug en baie lekker!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dankie dat jul hier tuisgegaan het by ons Adele. Julle sal altyd by ons welkom wees. Groetnis aan almal, ek is bly julle het dit geniet. Groete, Johann en Hilda.
Linda N - Feb 2022
Algehele gradering
Fantastiese plek.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Linda, ons is bevoorreg dat jul by ons tuisgegaan het en dat dit vir jou kinders 'n positiewe ervaring was. Ons ontvang jul graag weer. Groete, Johann en Hilda.
Michael M - Jan 2022
Algehele gradering
Wonderlike uitspanplek.
Alwin C - Mei 2022
Algehele gradering
Fantastiese plek, fantastiese eienaars. Sal definitief weer kom!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dankbaar julle het die tydjie hier geniet. Jammer dat jul gevoel het die sekuriteit is nie na wense. As gevolg van die al die diertjies bv. bokkies, grys muishondjies, tarentale, fisante ens. oorweeg ons nie eers 'n heining nie. Sonder dat ons gaste eers bewus daarvan is hou ons jul voertuie deurentyd dop met kameras asook n monitor wat ons waarsku. Gewoonlik is dit net bokke wat die monitor aktiveer. Onthou maar volgende keer, dan is jul meer gerus. Alwin, jy het goeie ouers en jul is beslis welkom om weer te kuier. Groetnis.
Surina S - Aug 2021
Algehele gradering
Heerlik gekuier, warm ontvangs.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hartlike dank vir jul pragtige getuigskrif. Julle is gawe en spontane, vriendelike mense en is enige tyd welkom om weer te kom. Baie dankie dat jul van ons fasiliteit gebruik gemaak het. Ons ontvang julle graag weer. Groetnis, Johann en Hilda.
Lindie R - Apr 2021
Algehele gradering
Beste plek ooit! Sal beslis weer daar bly!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Lindie. Ons is dankbaar dat julle ten spyte van die Covid beperkings en die daaropvolgende uitstel van jul verlof tog jul weg oopgesien het om te kom uitspan.
Ons is bevoorreg om sulke gawe mense te kan ontvang en wees verseker dat julle altyd welkom sal wees om hier tuis te gaan.
Groete tuis,
Johann en Hilda
Lizette B - Apr 2021
Algehele gradering
Fantasties!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hartlike dank vir jul mooi getuigskrif. Ons tel elke dag ons seëninge dat ons die voorreg het om gawe mense te ontvang. Ons ontvang jul graag weer. Groetnis, Johann en Hilda.
Norman J - Okt 2020
Algehele gradering
Asemrowend.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Norman, julle was model gaste, altyd n voorreg om gawe mense te ontmoet. Ons sien uit na n volgende besoek. Groete Johann en Hilda.
Johan B - Mrt 2020
Algehele gradering
Fantastiese en rustige vakansie!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Johan, jul vakansie hier was heeltemal te kort. Sterkte met die verhuising en ons vertrou ons sien julle weer binnekort. Julle is altyd welkom. Johann en Hilda.
Dirk U - Feb 2020
Algehele gradering
Was great gewees, baie baie mooi plek.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dsnkie Dirk, ons ontvang jul graag weer in die toekoms groete tuis.
Robert V - Jan 2020
Algehele gradering
Baie vriendelike eienaars. Baie mooi en skoon plekkie. Kombuis is ten volle toegerus.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie bly jul het jul vakansie geniet. Ons ontvang jul graag weer in die toekoms.
Groete
Anonieme gas - Aug 2020
Algehele gradering
Dotty O - Jun 2019
Algehele gradering
Om soggens wakker ts word en die see te kan ruik en hoor was onvergeetlik.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Wat n gawe familie met die pragtigste kleinkinders is julle nie . Dotty - ek weet dis nie almal jou kinders nie- maar jy en jou man is n pragtige voorbeeld vir menige grootouers. Julle is beslis enige tyd welkom. Groete Johann en Hilda
Anton K - Mei 2019
Algehele gradering
Baie awesome mense. Beste tyd ooit.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Beste Anton,
Ons is dankbaar dat julle jul welverdende tydjie by ons geniet het. Ons mis die 2 kleingoed en hul laggies - verlang sommer.
Ons hoop ons sien jul sommer binnekort weer. Julle is altyd welkom hier.
Groete,
Johann en Hilda
Petro O - Mrt 2019
Algehele gradering
Beste in die Weste.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Pienkie, dankie dat jul by ons bespreek het en ons is ook dankbaar dat julle dit so geniet het. Ons sien uit daarna om jul weer eendag te ontvang. Groete van huis tot huis. Johann en Hilda
Gerda B - Nov 2019
Algehele gradering
Pragtige uitsig!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Gerda, dankie dat jul van ons fasiliteit gebruik gemaak het. Soos jy tereg opgemerk het, die tydjie was bietjie kort. Julle is gawe mense wat enige tyd weer welkom is. Mooi dag en groete tuis.
Reynier K - Apr 2019
Algehele gradering
Dit was 'n ongelooflike tyd wat ons deurgebring het. As jy met die see in jou ore wil wakker word, dan is dit die plek vir jou.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dankie vir jou mooi getuigskrif, ons is dankbaar dat jul hier by ons tuisgegaan het en ook dat dit n aangename ervaring was. Ons hoop ons sien julle sommer baie gou weer.
Groete tuis,
Johann en Hilda
Ilse V - Des 2018
Algehele gradering
Stukkie hemel op aarde, salf vir die siel.
Lees meerDewald O - Nov 2018
Algehele gradering
Fantastiese ervaring.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dankie vir jul mooi getuigskrif. Julle is n pragtige gesinnetjie en ons het groot waardering daarvoor dat jul hier by ons tuis gegaan het. Altyd welkom en ons sien uit na n volgende besoek.
Groete tuis.
Ani S - Sep 2018
Algehele gradering
Heerlik gebly, sal dit beslis aanbeveel.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Anri en is die sterre nie pragtig nie. Dankbaar dat julle dit so geniet het en onthou julle gawe mense sal altyd welkom wees. Baie groete tuis - Johann en Hilda
Lynette S - Sep 2018
Algehele gradering
Very friendly and hospitable hosts. Absolutely fabulous accommodation with fantastic views.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Lynette - baie dankie vir so 'n mooi getuigskrif. Julle was rustige gawe gaste wat altyd welkom sal wees by ons. Ons vertrou dat julle genoegsaam gerus het en dat jy en Peter-met die bedrywige verantwoordelikhede wat julle het , weer 'n tydjie kan inruim om ons iewers in die toekoms te besoek.
Dit was gaaf om julle te leer ken - groete van ons 2.
Asharaf J - Apr 2018
Algehele gradering
Best holiday ever.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
We are very pleased that you and your lovely family enjoyed your well deserved holiday. Thank you for staying at Whalewatch and remember you are always welcome to make use of our facility.
Regards,
Hilda
Claudio J - Apr 2018
Algehele gradering
Dit was asemrowend, pragtig.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Beste Claudio,
Ons is seker dat jy en jou gesin weer by ons gaan kom vakansie hou, dit was 'n voorreg om julle te ontmoet en hier te ontvang.
Groete
Elmarie T - Mrt 2018
Algehele gradering
Pragtige plek!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Goeie dag Elmarie,
Een ding weet ons vereker julle het heerlik gerus. Julle was gawe gaste en ons was bevoorreg om jul hier te ontvang . Ons sien uit daarna om julle weer hier te ontvang. Ons Beste wense en Groete aan julle almal.
Johann en Hilda
Rina D - Feb 2018
Algehele gradering
Unbelievable.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dankie vir jou mooi getuigskrif Rina , dis hoekom ons naarstiglik help soek vir n geskikte woning. Julle is net die soort mense wat ons graag as vriende in Danabaai sal verwelkom. Dis n voorreg om ons gaste te ontvang en ons neem klantediens baie ernstig op, terselfdertyd gun ons mense hul privaatheid.
Groetnis,ons sien uit na jul aankoms.
Willie J - Jan 2018
Algehele gradering
Beste vakansie in jare.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Willie - Hartsvriende? Absoluut - ons deel dieselfde sentimente- Met oulike gaste soos julle kan ons n lang pad stap. Dankie dat julle van ons akkommodasie gebruik gemaak het/ sien julle graag weer in die toekoms- Groete van ons 2
Werner H - Aug 2018
Algehele gradering
Uitsonderlike wegbreek.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Werner ons is bly dat jy die wegbreek geniet het. As bedrywige besigheidsmense verdien julle om net weg te kom van die gewone daaglikse roetine en druk. Dit was 'n voorreg om julle te ontvang en weet verseker dat julle enige tyd welkom is om weer van ons fasiliteit gebruik te maak.
Groete tuis
Hilda
Marie S - Mrt 2018
Algehele gradering
Dit was 'n fees!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Marie,
Ons mis julle en dink ook baie aan julle. Dit was 'n voorreg om jul hier te kon ontvang en ons sien beslis uit na 'n volgende besoek.
Groete
Johann en Hilda
Rudi V - Jan 2018
Algehele gradering
Het dit baie geniet.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Dit was haar om julle te ontvang - Julle is vriendelike gaste en altyd welkom
Sonette V - Des 2017
Algehele gradering
Fantasties.
Monique V - Okt 2017
Algehele gradering
Asemrowendste uitsig en 'n heerlike rustige atmosfeer, als wat jou siel begeer!
Aletta D - Sep 2017
Algehele gradering
Uitstekend!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dankie vir jul mooi getuigskrif, dit is so 'n voorreg om gawe mense soos julle te ontvang. Wees verseker julle is altyd welkom. Ons bid dat julle binnekort droogte verligting gaan kry. Baie groete aan almal.
Geseënde dag
Eddie P - Sep 2017
Algehele gradering
Fantasties verblyf!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Eddie,
Dit was nou sommer lekker om jul te ontvang en wees verseker julle sal altyd welkom wees. Ons vertrou jul sal toekomstig sonnige weer geniet.
Mooi dag vir julle en groete in Koffiefontein.
Cindy E - Jul 2017
Algehele gradering
Die beste uitsig en uitstekende gasvryheid.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hi Cindy - ons vertrou wanneer jul ons weer besoek gaan die weer mooi saamspeel - Gelukkig het julle lekker gerus. Ons hoop ons sien julle spoedig weer- baie welkom en groete tuis.
Johann en Hilda
Annemarie M - Apr 2017
Algehele gradering
Geen beter blyplek!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Baie dankie vir die pragtige voornemens Annamarie - weet maar verseker dat ons julle ook graag weer, en weer sal ontvang as ons die voorreg het. Jou kinders is nou weer terug oorsee en jy verlang seker klaar baie. As die verlange te groot word, kom kuier gerus.
Mooi dag en ons hoop ons sien jul binnekort weer.
Johann en Hilda
Martin G - Mrt 2017
Algehele gradering
Hemels!
Lees meerAccommodation Mosselbay se terugvoer
Mensig - ons is baie dankbaar dat jy en Nelia dit so geniet het en lekker ontspan het en was my hondjie Pepe' dol oor julle. Sy kon nie wag om in Nelia se arms gekoester te word nie. Dankie dat julle hier by ons tuisgegaan het en ons hoop ons sal so bevoorreg wees om jul weer eendag hier te ontvang. Ons het hierdie week 2 keer walvisse gesien - jammer julle kon dit nie ervaar nie. Hulle was nog baie diep en bietjie later kom hul sommer lekker na aan die strand en mens kan dan mooi waarneem. Die dolfyne is mos gereelde gaste maar ons bly dankbaar vir die voorreg om hul so eerstehands te kan sien. Tot 'n volgende keer - Groetnis - Johann Hilda en Pepe'
Gen G - Jan 2017
Algehele gradering
Rustig, veilig, gerieflik en asemrowende uitsig!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Andre en Gen, julle sal welkom wees om enige tyd weer te kom. Ons kon sien dat julle werklik jul wegbreek geniet het. Ons het intussen lekker reën gehad en ongeag die erge brande wat hier naby was, is die veld dankbaar en alles word weer mooi groen. Dit sal baie gaaf wees om julle weer eendag te ontvang. Groete vanaf 'n mooi Danabaai.
Marius K - Des 2017
Algehele gradering
Dit was 'n lieflike ervaring.
Lees meerMadelein P - Sep 2017
Algehele gradering
Awesome.
Henry B - Nov 2016
Algehele gradering
Baie netjies en mooi uitsig oor branders.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Ons is nogmaals so bevoorreg om die gaafste mense te ontmoet - daarby gaan julle dalk eendag ook in Danabaai kom nes skrop. Julle sal altyd welkom wees om vinnig te kom inloer. Bly julle het lekker gebly - groete Johann en Hilda
Anton C J L - Okt 2016
Algehele gradering
Ongelooflike mooi prentjie vanuit woonstel.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Julle het nie 'n idee hoe lekker speel die dolfyne nou voor die woonstel nie - ek bespreek hulle sommer nou vir wanneer julle weer kom - ons hoop dis sommer gou - oulike mense soos julle is altyd welkom - groetnis
Emma C - Sep 2016
Algehele gradering
'n Onvergeetlike mooi uitsig, lieflike plek!
Lees meerAccommodation Mosselbay se terugvoer
Ek is so jammer dat julle die walvisse gemis het toe jul hier was - die volgende dag was hier nogal 2 wat reg voor die huis gespeel het. Ons is baie bly dat julle dit geniet het en lekker gerus het.
Vriendelike en gawe gaste soos julle sal altyd welkom wees - ons sien uit daarna om jul weer te ontvang.
Johann en Hilda.
Jan V - Sep 2016
Algehele gradering
Die uitsig is ongelooflik!
Hannetjie M - Jun 2016
Algehele gradering
Uitstekend en aangename mense.
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Ons is so bevoorreg om die gaafste mense deur LekkeSlaap te ontmoet - bly jul is veilig tuis en ons sien uit na 'n volgende besoek- Johann en Hilda
Henk A - Jan 2016
Algehele gradering
Uitstekende akkommodasie en asemrowende uitsig!
Accommodation Mosselbay se terugvoer
Hallo Christie - dit was 'n besondere voorreg om julle ontvang - wat 'n plesier om sulke gawe gaste te kon ontmoet. Julle sal altyd welkom wees. Ons is dankbaar dat julle lekker gerus en die welverdiende vakansie geniet het. Groete tuis
Anonieme gas - Mrt 2016
Algehele gradering
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang