Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Accommodation Mosselbay

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Accommodation Mosselbay is aan die kus van Danabaai geleë en kyk uit oor 'n lang stuk van die pragtige strandfront met nimmereindigende see-uitsigte. Die huis het 2 knus selfsorgwoonstelle met privaat ingange wat beslis jou vakansie 'n wonderlike ervaring sal maak. Gaste kan walvisse en dolfyne van die perseel af dophou.

Die eerste woonstel, Whalewatch, is op die boonste verdieping geleë en bied panoramiese see-uitsigte reg deur die woonstel. Gaste kan selfs uit hulle eie slaapkamers uit walvis- en dolfynkyk. Hierdie ruim eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en slaapplek vir 6 gaste. (Let wel: Dit sluit 'n stapelbed in). Die woonstel het 'n volledig toegeruste selfsorgkombuis, 'n groot sitarea en 2 ruim balkonne (1 wat na die noorde kyk en die ander na die suide) met nog sitplek. Die sitarea het 'n TV met DStv-toegang en die patio het 'n draagbare braai.

Die tweede woonstel, Seahorse, is 'n oopplan-enkelwoonstel in die onderste deel van die huis. Hierdie bekoorlike eenheid het nie see-uitsigte nie, maar wel 'n lieflike tuin en braai-area. Die eenheid het 'n oopplan-slaapkamer, 1 badkamer en slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, 'n eetkamer en 'n leefarea met DStv-toegang. Die sitarea dien ook as 'n tweede slaaparea en het 2 enkelbeddens.

Accommodation Mosselbay is net 'n klipgooi van die strand af waar jy al langs die water kan gaan stap of op 'n warm, sonnige dag op die sand kan ontspan. Mosselbaai is net 'n kort entjie se ry weg en daar kan jy verskeie restaurante, winkels en ander opwindende bestemmings en doendinge aantref.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Shelley F
Gesin met tieners
5.0
N huisie by die see! Dit voel behoorlik soos jou eie huisie by die see! Ons het vreeslik lekker gebly! Hilda is dierbaar en vreeslik gasvry!
Mrt 2024
Ada R
Gesin met tieners
5.0
Asemrowend, rustig, baie lekker. Ons het baie lekker gebly. Die uitsig was asemrowend en kon nie beter gewees het nie. Dit is baie naby aan die see, m...
Sien meer
Mrt 2024
Adéle V
5.0
Pragtige wooneenheid. Lieflike uitsig. Sentraal geleë. Baie aangename tyd geniet.
Feb 2024
Lucy B
Gesin met klein kinders
5.0
Hilda was an exceptional host and we had an awesome stay. Everything we needed was available, and she always kept us updated on anythin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Charles L
Gesin met klein kinders
4.6
Fantasties. Verblyf was fantasties, die ligging was asemrowend. Gashere was baie vriendelik en tegemoetkomend.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Accommodation Mosselbay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUxNGVhZGFmLTFlMDItNDBkMS05NTZlLTgwYTk5ZTg1OGM4Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 4) 61 5 1 5 18 Nutans Street Mossel Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.205786404674 22.037277440475

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang