Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Acorn Guest House

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Eduard N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Huis weg van die huis. Baie lekker gebly. Die klein kamer sal nog lekker wees as daar later 'n mini yskassie en dalk 'n lugversorger kan wees. Maar nogsteeds, was dit baie lekker en sal ek hoogs aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anthea A
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Vriendelike ontvangs en professionele personeel. My tienerseun en ek het lekker gebly. Ons kamer was opgradeer sonder enige kostes. Die personeel het uit hul pad gegaan om, op versoek, heerlike pannekoek vir my seun te maak. Dit was ons tweede keer by die akkommodasie en ons verblyf was weereens baie aangenaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Esther
Acorn Guest House
Goeiedag Anthea Dit was goed om julle te huisves vir die 2de keer. Julle is altyd welkom. Jou seun wat die swembad aangedurf het, was indrukwekkend. Bel asb.

Jacobus F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Was baie lekker en baie netjies. Gasvryheid was baie goed. Ek en my lewensmaat sal enige tyd weer daar gaan bly of vir mense aanbeveel om daar te bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Esther
Acorn Guest House
Hi Jacobus, Dit was lekker om julle te kon verwelkom hier by ons. Ons sien uit vir julle volgende stop by ons.

Anthea A
1 nag Besigheidsreis
5.0
Des 2023

Die tip top diens en geriewe het ons soos konings laat voel. Baie dankie. Ek en my mede-reisigers is beïndruk met die vriendelike ontvangs wat ons gekry het. Die personeel het uit hul pad uit gegaan om ons verblyf aangenaam te maak. Almal was professioneel en bedagsaam. Ek sal definitief weer daar oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rochelle J
1 nag Besigheidsreis
5.0
Okt 2023

Goed gelee, hulpvaardig, vriendelik, gasvryheid. Acorn Gaste Huis was nie net goed gelee nie, die vriendelike ontvangs van die personeel en eienaar laat jou so gerus en ontspanne voel, asof dit jou eie huis is. Defnitief aanbeveelbaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Esther
Acorn Guest House
Hallo Rochelle Baie dankie dat jy tyd afgestaan het om n oorsig van die gastehuis en ons dienste te lewer. Ons is baie bly dat ons jou kon akkommodeer en ons vertrou dat as jy George toe kom, dat ons gastehuis weer jou keuse sal wees. Amanda

Karin S
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Okt 2023

Alles was perfek. Die kamer en eetvertrek is pragtig. Die diens is uitstekend. Die ontbyt is baie lekker. Ek sal definitief weer by die gastehuis kom bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Esther
Acorn Guest House
Ons is bly jy hou van ons decor en het jou tyd by ons geniet. Hoop ons sien jou weer.

Cor V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2023

Uitstekende diens. Pragtige kamers. Ons het ons tyd daar baie geniet. Die diens was uitstekend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Esther
Acorn Guest House
Goeie dag Cor, ek is bly om te hoor dat julle dit hier by ons geniet het. Ons sien uit om julle weer te sien.

Cor V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2023

Pragtige plek met uitstekende diens. Pragtige eenheid gewees, skoon en netjies met uitstekende diens. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Rina P
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2022

Ons het die vriendelike diens en mooi omgewing terdeë geniet. Die personeel was baie gaaf om ons toe te laat om ons bagasie by hulle te los terwyl ons motor reggemaak is na probleme op pad George toe. Hulle het ook 'n babakot voorsien. Die ontbyt was heerlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Esther
Acorn Guest House
Hi Rina Dit was wonderlik om julle by ons te hê. Baie dankie vir die mooi woorde en dat julle by ons kom kuier het. Ons hoop regtig ons sien julle gou weer en is baie bly julle het dit geniet. Mooi naweek en mooi bly. Groete Ronel

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Mrt 2022

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Esther
Acorn Guest House
Hi Hannelie, baie dankie vir jou terugvoering. Ek is baie jammer om te hoor dat die kamer nie vir jul na wense was nie. Die baddens is ongelukkig al 'n geruime tyd terug ge"deactivate", omrede daar so 'n groot water skaarste was en steeds is. Die betrokke kamer waar jul gebly het, het wel 'n rokers area, met 'n tafel en 2 stoele. En dan onder die afdakkie ;n entjie weg van jul kamer is dan ook nog 'n rokers area. Ek vra groot onverskoning dat die skoonmakers net ingestap het, sonder om te klop. Ons sou wel verkies dat jul dit onmiddelik kom rapporteer het, dan kon ons dit dan ook sodoende dadelik aangespreek het. Ontbyt word bedien van 07h00/07h30 tot 09h00. En sou hy iets versoek het in daardie tyd, so die staff verseker vir hom aanvulling gegee het van wat klaar was. Ons hoop regtig julle sal jul besluit om nie weer hier te bly heroorweeg, sodat ons vir julle die uitstekende diens kan lewer wat ons altyd doen. Baie groete Ronel

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Esther Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 101

Op LekkeSlaap 14 jaar

Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 1 mens
Vanaf
R1 100
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 4, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA692ac370e5768d8f53141eff7a104e45624023da15b7d97f4041d9e663a7c380cf24d656c8a621d8040f9c208705177cc815?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 1 mens 24 5 1 5 4 Kerk (Church) Street George 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.956805367281 22.463956475258

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang