Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Acra-Retreat Mountain View Lodge

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 6 Mei 2025.

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vyfde-straat, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Vanaf R1 213 R1 092 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Acra-Retreat Mountain View Lodge skuil tussen die Krugerwildtuin en Johannesburg, op die randjie van 'n krans. Die 11 ha-eiendom is in die Elandskrans Natuurreservaat geleë.

Daar is 'n oorvloed voëls, insluitend uile, swaeltjies, loeries en tarentale, om maar net 'n paar te noem. Gaste kan die apies op die kranse dophou waar hulle in die son sit of rond speel.

Die kamers is luuks en verwelkomend. Elke kamer het 'n uitsig en sy eie ingang na die buitedek of tuin waar jy die panoramiese uitsig kan geniet. Veilige parkeerplek word gewaarborg. Skoon water is afkomstig van 'n bergstroom wat 50 m diep is. Die water word gereeld getoets om seker te maak dis veilig om te drink.

Acra Retreat het 'n gelisensieerde kroeg. Skemerkelkies kan ook op die dek geniet word terwyl die kleurspel van die sonsondergang bo die berge dopgehou kan word. Daar is 'n trampolien, swembad, kinderswembad en onderdakbraai. Aandetes is op versoek beskikbaar, indien vooraf bespreek.

Die gashere praat Duits, Hollands, Engels en Afrikaans. Klem word gelê op vrede en rustigheid.

Acra Retreat sal ook help reël vir toere na die bekende klipkringe en Adam's Calendar, die Panorama-roete, Blyderivierspoort en Bourke's Luck-kolkgate. Dit is ook die perfekte oornagverblyf vir oorsese toeriste, aangesien dit net 2 ure vanaf Johannesburg is, en halfpad na die Krugerwildtuin.

Doendinge wat gereël kan word sluit die volgende in: vierwielmotorfietsry, boogskiet, blaaspyltjieskiet, perdry, abseil, bergklim, forel- en baarsvang, voetslaan (beginners én ervare stappers), bergfietsry, uitstappies na die klipkringe, en verfbal. Gaste kan boonop geskiedkundige plekke soos Paul Kruger se huis besoek en ons Lodge is 'n uitstekende plek vir spanbou!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Roeland B
4.8
Beautiful, friendly. We had a lovely stay with a stunning view. And the food? More than delicious! Very friendly people.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Marleen R
Gesin met tieners
4.8
Overnight stay. Such a lovely stay, always good to experience a place where you feel at home without the day-to-day chores. It was rela...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Valentine B
Gesin met klein kinders
4.6
Tranquil mountain retreat. Breathtaking views in a tranquil mountain retreat! It was perfectly located for us, right next to one of the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Wouter V
4.4
Op doorreis. Ons was met 4 en het lekker verblyf. Niets was te veel. Aandete en ontbyt was perfect. Komen vir seker terug.
Mrt 2024
Ayesha C
Gesin met tieners
4.2
Beautiful location; however, the lodge needs an upgrade and attention. Pleasant, peaceful stay in the hills. It rained out, mostly indo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Holger & Norma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Vyfde-straat, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Gaste dink Acra-Retreat Mountain View Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 213
R1 213 R1 092
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 213
R1 213 R1 092
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vyfde-straat, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA55dfb568ce4e93cbc15cd27976046f9aa1d0384f998913dd427d73fa75e5f8fb0d021b96dfa9a597fddb58a2de8f43ab5124?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 213 nouVanaf R1 092 per nag, vir 2 mense 45 5 1 5 5th Street Waterval Boven 1195 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -25.649105 30.3423

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang