Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Adley House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 209 Jan van Riebeeck Pad, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 220 R1 098 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Adley House is in 1905 gebou deur Sidney Herbert Adley, gedurende die tyd toe volstruisvere floreer het, van 1886 tot 1914. Die manjifieke sandsteen-herehuis is in die Victoriaanse styl gebou en geleë op bykans 'n hektaar grond in 'n stil en gegoede woonbuurt. Dit is stapafstand van die middedorp en Oudtshoorn se beroemde restaurante. Ontspan in die goed versorgde Engelse tuine met 2 swembaddens en ouwêreldse bekoorlikheid.

Verblyf word aangebied in 14 individueel versierde kamers, elk met 'n en suite-badkamer. Al die kamers beskik oor lugversorging, plafonwaaiers, TV's, yskassies met voorraad en tee- en koffiemaakgeriewe. Toiletware word voorsien. Die kamers word daagliks skoongemaak en wasgoeddienste kan gereël word.

Gaste word aangemoedig om die "beste ontbyt in Suid-Afrika" op die proef te stel, dit word so genoem deur van ons vorige gaste.

Klein honde word in die Luukse Kamers en Selfsorgeenhede toegelaat.

Verder is daar veilige parkeerplek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Isabel L
Saam met vriende
5.0
Wonderlike verblyf, baie geleë - om die draai van ons familie. Ons was in Oudtshoorn om my ouers te sien wat in die naburige ouetehuis bly. Dit is vir...
Sien meer
Okt 2024
Hugo V
Saam met vriende
5.0
Ons het heerlik gekuier by die gastehuis. Die 5 dae daar saam met vriende was 'n heerlike kuier in Oudtshoorn. Siska en haar personeel is baie vriende...
Sien meer
Apr 2023
Roberta V
Gesin met tieners
4.8
Awesome. Ons het baie lekker gekuier. Als was perfek. My tiener dogter het die stilte en die tuin baie geniet.
Sep 2024
Marie S
Saam met lewensmaat
4.4
Lekker, rustig. Lekker gebly, maar kragprop vir TV het nie gewerk nie, kon nie weer DSTV aan die gang kry nie. Fasiliteite lyk bietjie afgeleef, bv. s...
Sien meer
Sep 2024
Karin W
Saam met lewensmaat
4.2
Will stay again when in Oudtshoorn. Comfortable, staff very accommodating and near to the Civic Centre to attend the Klein Karoo music.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Sharmia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 209 Jan van Riebeeck Pad, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Adley House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 220
R 1 220 R 1 098
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 220
R 1 220 R 1 098
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 209 Jan van Riebeeck Pad, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg4NjA3MDk5LTQwOGUtNDBiNC1iNGRhLWU4YWMyMjUwOGQzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 220 nouVanaf R1 098 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 209 Jan van Riebeeck Road Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.588248782473 22.194453477859

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang