Adret Holiday Units
Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Coetzeestraat 745, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R800R720 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Adret Holiday Units in Shelley Beach, Margate, bied gehalte-vakansieverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is lekker naby verskeie winkels, restaurante, swemstrande, doendinge en besienswaardighede geleë.
Verblyf word in 2 selfsorgeenhede met see-uitsigte aangebied. Die eerste eenheid het 'n privaat ingang en die ander eenheid deel 'n ingang met die opsigter.
Adret 2 beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamers het albei dubbelbeddens en ingeboude kaste, en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, insluitend 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -afstandbeheer en -kabels saambring. Daar is ook 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste hulle maaltye saam kan geniet.
Adret 3 beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die eerste 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in dié eenheid deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, insluitend 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -afstandbeheer en -kabels saambring. Daar is ook 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste hulle maaltye saam kan geniet. Die eenheid lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels en braaigeriewe.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad vir alle gaste om te gebruik.
Die eenhede bied gerieflike toegang tot die N3 en is sentraal geleë vir sakereisigers of gaste wat net wil ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Coetzeestraat 745, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Adret Holiday Units het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Coetzeestraat 745, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang