Adret Holiday Units
Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Coetzeestraat 745, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R800R720 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Adret Holiday Units is in Shelly Beach, Margate, geleë en bied gehalte vakansieverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, swemstrande, doendinge en besienswaardighede geleë.
Die verblyf beskik oor 2 selfsorg-eenhede met see-uitsigte. Die eerste eenheid het 'n privaat ingang en die ander eenheid deel 'n ingang met die opsigter.
Adret 2 het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die slaapkamers is elk toegerus met 'n dubbelbed en 'n ingeboude kas en die badkamer is toegerus met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, insluitend 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders, asook 'n TV met DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart, afstandbeheer en bedrading saambring. Dit het 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Adret 3 beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid deel 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, insluitend 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders, asook 'n TV met DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart, afstandbeheer en bedrading saambring. Dit het 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die eenheid loop ook uit na 'n onderdakstoep met meubels en braaigeriewe.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad beskikbaar vir alle gaste se gebruik.
Die eenhede bied gerieflike toegang tot die N3 en is sentraal geleë vir sakereisigers of gaste wat net wil ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Coetzeestraat 745, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Adret Holiday Units het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Coetzeestraat 745, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang