Adventure Bush Manor
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiewiet-laan 4045, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Adventure Bush Manor bied lieflike selfsorgverblyf in die hartjie van die bosveld van Marlothpark. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek saam met vriende en familie, aangesien dit net 300 m van die Krokodilrivier af is.
Dié verblyf bied gerieflike slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers met lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die oorblywende 2 en suite-badkamers het elkeen 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die opwaskamer. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die sitarea lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie met 'n uitsig oor die omliggende bosveld en wild. Gaste het ook toegang tot 'n swembad vir die warm somersdae. Tydens beurtkrag is 'n volledige omsetterstelsel sowel as 'n JoJo-tenk beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Peter Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kiewiet-laan 4045, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Adventure Bush Manor het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiewiet-laan 4045, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang