Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Adventure Bush Manor

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiewiet-laan 4045, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Adventure Bush Manor bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van die bosveld van Marloth Park. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n rustige wegbreek saam met vriende en familie aangesien hierdie eiendom net 300 m van die Krokodilrivier af is wat die grens van die gewilde Krugerwildtuin is.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 7 gaste op 'n slag en beskik oor 3 en suite-slaapkamers met lugversorging. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die oorblywende 2 en suite-badkamers het elkeen 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is in die opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie sitkamer maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl dit uitkyk oor die omliggende bosveld met gereelde besoekende wild. Boonop bederf hierdie eiendom met 'n uitnodigende swembad vir gaste om op daardie warm somersdae af te koel. Tydens beurtkrag het hierdie eiendom 'n volledige omskakelaarstelsel sowel as 'n JoJo-tenk.

Kamer-opset

Slaapplek vir 7 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Peter Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 13

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kiewiet-laan 4045, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Adventure Bush Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiewiet-laan 4045, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8dd7e18eb1f2f955b0218bd19486b096db76c61a5d24e3ce8557beeb941403fd7257535ea811327c3a4c31be80d0681d3a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7) 2 5 1 5 4045 Kiewiet Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -25.348270590446 31.804644839287

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang