Life Loft
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Darlingstraat 10, Mutual Heights-gebou, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
-
Vanaf
R990R891 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Life Loft is 'n eenslaapkamerwoonstel op die sewende verdieping met uitsigte op Tafelberg en verskeie histories geboue in Kaapstad. Die hoë vensters, parkethoutvloer, dubbelvolume-plafon en solderslaapkamer is 'n aanduiding van die Art Deco-kenmerke van die Mutual Heights-woonstelle.
Op die tussenvloer wat oor die sitkamer uitkyk is daar 'n koningingrootte-bed met wit gehalte-beddegoed, kussings en 'n kombers, sowel as 'n lessenaar met 'n leeslamp. Onder in die sitkamer is daar gemaklike sitplek, 'n TV met internasionale kanale en 'n DVD-speler.
Die kombuis is goed toegerus met 'n wasmasjien, yskas-vrieskas, oond, kookblad, mikrogolfoond en swart graniet-ontbyttoonbank. In die badkamer is daar 'n aparte bad en stort. Daar is parkeerplek in die Mutual Heights-gebou en gaste kan van die gimnasium gebruik maak. WiFi is nie beskikbaar nie, maar 'n internetstokkie is beskikbaar.
Daar is 'n hele rits besienswaardighede stapafstand van die woonstel af: die Groentemarkplein, Kompanjiestuine, museums, galerye, restaurante en winkels.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gimnasium
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Cape Eazi Stayz Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 41
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Darlingstraat 10, Mutual Heights-gebou, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapstad Middestad Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Darlingstraat 10, Mutual Heights-gebou, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap