AfriCamps at Gowan Valley
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R103, AfriCamps at Gowan Valley Guest Farm, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 740 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
AfriCamps at Gowan Valley bied 'n unieke glanskamp-ervaring in die hartjie van die prentjiemooi Midlands Meander en dis die ideale bestemming vir 'n onvergeetlike wegbreek vir 'n gesin of vriende.
Die kamp bied 5 lieflike tente en elke tent bied slaapplek aan 5 gaste. Elke permatent het 2 slaapkamers met lugversorging en 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die tent lei na 'n onderdakstoep met sitplek, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad.
Die kamp bied aktiwiteite vir die hele gesin, soos 'n 4 km-wandelroete deur die inheemse woud met 'n 500 jaar oue geelhoutboom. Gaste kan ook op 'n tjoep op die rivier ontspan.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Andrea Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 246
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R103, AfriCamps at Gowan Valley Guest Farm, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink AfriCamps at Gowan Valley het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R103, AfriCamps at Gowan Valley Guest Farm, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal