Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

AfriCamps at Karoo 1

Tentekamp

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.1
Veiligheid
4.8
Jan R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Lekker in die natuur. Baie lekker gebly, sal weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andrea
AfriCamps at Karoo 1
Hi Jan, thank you for your wonderful review. We are thrilled to hear that you had such a great time!

Johann K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2024

Asemrowend. Ons het baie lekker gebly, dankie. Die rustigheid was goed vir die siel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andrea
AfriCamps at Karoo 1
Hi Johann, thank you for your awesome feedback. We are thrilled to hear that you had such a great time.

Francine C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2023

Heerlik, skoon en warm. 2 rolletjies toiletpapier te min vir 5 mense vir 'n naweek. Net een braaitang vir hout en vleis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andrea
AfriCamps at Karoo 1
Hallo Francine, dankie vir jou waardevolle terugvoer. Ons vra om verskoning vir enige ongerief en ons sal in die toekoms meer aandag hieraan gee.

Nico U
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2024

Lekker uitgerus en rustige atmosfeer. Die verblyfplek is goed toegerus en lekker ontspannend op die houtdek. Snags het hy die geraas van al die voertuie wat op die N1-roete reis, maar andersins baie lekker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andrea
AfriCamps at Karoo 1
Hi Nico, thank you for your wonderful review! We are thrilled to hear that you had such a great overall glamping experience.

Odette D
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Feb 2024

Gemaklik en genotlik. Ons het ons verblyf by AfriCamps at Karoo 1 terdeë geniet! Dit was presies wat ons verwag en gesoek het. Baie netjies en perfek ingerig. Ongelukkig was daar nie water in die rotspoel nie en die swembad was groen. Hierdie was wel a.g.v. elektrisiteitsprobleme en nie onderhoud aan AfriCamps of Karoo1 se kant nie. Ons kon wel die "hot tub" gebruik. Die restaurant by Karoo1 het heerlike kos. Die bergfietsroetes is baie mooi.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Joey H
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Feb 2024

So so. Die tentverblyf in no 13 met hottub was heerlik met 'n mooi uitsig na die berg. Ek was egter teleurgesteld oor die netheid van die terrein. Die krale skapies wat jy ontvang lê al jare omgeval. Papier en plastiek lê rond, stoepe is nie gevee nie, en akkers is vol onkruid. Ons het 25 minute vir ontbyt gewag en dit was koud. Personeel raas in die kombuis. Die ontvangsdame het kontant van my aanvaar en uit haar handsak kleingeld gegee. Ek het geen bewys van betaling ontvang.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Casparus T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Okt 2023

Skoon lug, skoon plek, skoon natuur! Alles was mooi skoon en sal weer hierdie plek besoek. Karoo 1 is ook baie goed met hul kliëntediens. Die feit dat dit troeteldiervriendelik is, was 'n groot bonus!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Pietie L
Kort verblyf
4.8
Feb 2023

As jy wil wegbreek uit die stad, ideaal. Stille rustigheid. Ontvangs kon ons met aankoms ingelig het dat ons nie 10:00 hoef te ontruim nie, want hul was verbaas omdat ons so vroeg vertrek. Restaurant waar ontbyt bedien was, was nie heeltemal voorberei vir aantal gaste. Het nie genoeg voorraad gehad en sap en yogurt was warm. Ons hou daarvan om wegbreekplekke te ondersteun. Sou dit waardeer het as ons die rekening kon sien en nie net die bedrag mondelings weergegee word nie. Dalk kan daar 'n kaart wees om tente se nommers te wys, sodat mense kan kies op voorkeurbasis.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Denise V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jul 2023

Lieflike, luukse verblyf in 'n pragtige tent. Die natuur is pragtig! Ons het ons naweek by Africamps Karoo 1 baie geniet! Dit kaggeloondjie was perfek vir die koue weer wat ons gehad het. Die tente is baie goed geisoleer en ons het glad nie koud gekry as die vuurtjie gebrand het nie. Die beddens is goeie gehalte met luukse beddegoed. Lekker groot stort en die water altyd warm. Die natuur en ligging is asemrowend. Ons sal verseker weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Alicia H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Aug 2023

Goeie potensiaal, maar hierdie besoek was nie goed nie. Die AfriCamps tent was goed ingerig met 'n lekker kaggel binne wat die hele tent lekker warm maak. Ons het nie die warmbad gebruik nie, maar dit was beskikbaar en skoon. Ons was wel ontevrede met die feit dat ons in 'n tent geplaas is wat reg oorkant 'n area was waar daar werkers aan iets gewerk het. Die verblyf is troeteldiervriendelik so ons het ons honde saamgeneem, maar natuurlik wou ons honde die heeltyd vir die werkers blaf. Werkers wat boor en raas is natuurlik ook nie lekker as mens wil stilte hê en rus in die natuur nie. Nadat ek hieroor gekla het is ons darem spoedig gehelp en vir die 2de aand na 'n ander tent geskuif. Ons kon egter steeds die volgende oggend vanaf 10:00 die werkers hoor - klank trek mos maar in 'n kloof. Ek voel dat onderhoudwerk in so 'n geval gedoen moet word wanneer daar nie besoekers is nie - sluit eerder die hele area en kry die werk klaar. Of waarsku ten minste gaste dat hulle ongelukkig werkers gaan hoor werk.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 200

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R1 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 590
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 65 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Karoo1 Hotel Village, De Doorns, 6875, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56a7f85245e5fd87c82e805bfab4d8eaa6beffda0e2c69808f648f4cca1952860a8d60a61bfd690026de2a9eb0f4790d70c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 N1 Karoo1 Hotel Village 6875 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.386702 19.834496

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang