Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

African Ambience Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelikaanstraat 124, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

African Ambience is ontwerp om verblyf met gerief, spasie en privaatheid wat wat jy van 'n 4-ster instansie sal verwag, te voorsien. Die gastehuis is gesetel in 'n welige tropiese tuin in St Lucia, midde-in 'n natuurlike Wêreld Erfenisgebied, die iSimangaliso Vleiland Park.

African Ambience Guest House is omring deur rustige Koidamme en waterpunte, wat 'n ideale atmosfeer van totale ontspanning skep, binne of buite. Dié grasdaktuiste het 3 ruim, gerieflike, luukse kamers, asook 'n wittebrood-suite. Die Afrika-geïnspireerde kamers word met natuurlike kleure versier, het 'n privaat ingang, stoep, uitsig oor die tuin, kluis en 'n yskas.

Daar is 2 standaard-dubbelkamers en 'n gesinskamer op die eerste verdieping. Hierdie 2 dubbelkamers is ideaal vir 'n enkele reisiger of 2 reisigers wat vir 'n kort rukkie bly.

Al die kamers is en suite, het lugversorging en gasvryheidskinkborde. 'n Wasgoeddiens is ook beskikbaar.

Ontbyt word óf rustig in die eetkamer bedien, óf op die patio wat oor die rotspoel uitkyk. Verlekker jou in die waarneming van wildsbokke, eekhorings, apies en voëls in jou onmiddellike omgewing. Aandetes word op versoek bedien, alhoewel daar verskeie restaurante in die dorp binne gerieflike stapafstand vanaf die instansie is. Jou gashere stel hulle ten doel om jou verblyf 'n onvergeetlike een te maak.

Nadat gaste die vele aktiwiteite in die area geniet het, kan hulle verseker wees van vrede en rustigheid by die private kroeg op die perseel, waar gaste hul dors kan les en die avonture van die dag met mede-gaste kan bespreek.

Die sprankelende swembad met braaigeriewe, sowel as die talryke Koi-damme geleë in die tropiese tuine, maak African Ambience House 'n luuksheid vir die paar uitverkorenes. Ná sonsondergang versmelt die atmosfeer van die buitelug-swembad, tuin, waterpunte en grasdak-kompleks met mekaar, en word getransformeer met buite-beligting. Die gashere, Hennie en Ilze, is byderhand om gaste met die beplanning van uitstappies in die omgewing te help.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hennie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Pelikaanstraat 124, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink African Ambience Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelikaanstraat 124, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbc2dc46015deb626a09d769db63ec6585b4b5f5730a33051717440bcee7750332f0d624303fa4648679d08da1070f6bef2fb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 124 Pelikaan Street St. Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.380819 32.411491

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang