African Bush Escape
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kopelkapelstraat 1839, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 10)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
African Bush Escape is 'n selfsorghuis in die gewilde wildbewarea, Marlothpark. Die vakansiedorp is op die suidelike grens van die Krugerwildtuin, op die oewer van die Krokodilrivier en spog met vrylopende wild.
Dié vakansiehuis het lugversorging en slaapplek vir tot 10 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, die tweede slaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed, en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Een van die badkamers het toegang tot 'n buitestort.
Die huis het 'n kombuis met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n mikrogolf, yskas, oondjie, en basiese kookgerei vir selfsorgverblyf. Die oopplan-leefarea lei na die vermaakarea wat 'n boma en 'n swembadjie met 'n uitsig oor die bos het.
Die kamer het 'n balkon bo wat 'n uitsig oor die tuin en die bos bied, asook gratis WiFi en 'n slim-TV waarmee gaste met hul eie besonderhede kan inteken. Daar is 12v ligte, 'n JoJo-tenk en gasgeisers sodat gaste nie deur onderbrekings verontrief word nie.
Gaste sal die leeus en hiënas gereeld hoor of in die verte sien wanneer hulle onder die sterre braai. Wanneer jy nie die Krugerwildtuin bedags verken nie, sal die wilde diere jou dalk net kom besoek terwyl jy in die swembadjie afkoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kopelkapelstraat 1839, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink African Bush Escape het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kopelkapelstraat 1839, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang