African Flair Country Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N2, Ermelo Pad, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
African Flair Lodge is in Piet Retief in die suide van Mpumalanga geleë. Ons bied 6 pragtige, gerieflike grasdakkamers wat veilig en privaat is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en warm dekor met 'n Afrika-tema asook 'n leef- en eetkamergedeelte.
Die kamers het elk ’n privaat ingang en geriewe soos 'n waaier, verwarmer, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeirewe en 'n satelliet-TV. Ontbyt word in jou kamer bedien.
Kinders is meer as welkom en ons is troeteldiervriendelik indien dit vooraf gereël word. Daar is ook restaurante naby geleë.
Ons het veilige onderdakparkering van die straat af vir jou voertuie en daar is oorgenoeg parkeerplek vir bote en waentjies.
Daar is verskeie voëlspesies op die eiendom, insluitende tarentale wat elke nou en dan 'n draai by die chalets maak. Gaan wandel in die groot, pragtige tuin met sy inheemse plante en bome. Die chalets bied 'n pragtige uitsig oor die plantasies waarvoor ons streek so bekend is.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- N2, Ermelo Pad, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
- Gaste dink African Flair Country Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N2, Ermelo Pad, Piet Retief, 2380, Mpumalanga