African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 69
Op LekkeSlaap 14 jaar
Opsomming van Resensie
Anonieme gas - Jul 2024
Algehele gradering
Starrine B - Mei 2024
Algehele gradering
Gaste was baie gelukkig met die kuier.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dankie dat julle ons toe vertrou het met julle gaste. Ja! Dit was 'n heerlike groepie hartsmense.
Ons sien uit daarna, sou julle weer 'n funksie reel, om julle gaste te kan bederf en huisves.
'My huis is jou huis'
Peter J - Mei 2024
Algehele gradering
Very relaxing and peaceful, neat, pleasure with comfortable bedding (accommodation).
Jaco P - Aug 2024
Algehele gradering
Gemaklik, veilig, uniek, persoonlik, en gasvry.
Abraham (abri) V - Apr 2024
Algehele gradering
Beautiful room.
Mari M - Sep 2024
Algehele gradering
Kan dit sterk aanbeveel. Hulle is vriende as jy daar bly.
Johann H - Jul 2023
Algehele gradering
Fantasties!
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie, Johann, vir jou terugvoer, en ons insiggewende gesprek voor ontbyt, oor gesondheid en liggaam, gees en siel welvaart. Dit is 'n voorreg om reisigers soos jy te kan ontmoet en akkommodeer by African Silhouette Guesthouse
Salome P - Mei 2023
Algehele gradering
Pragtige kamer en tuine! Diens uitstekend en gasvryheid het uitgestaan!
Lynn M - Mrt 2023
Algehele gradering
Delightful overnight with relatively easy access to O.R. Tambo.
Lees meerDavid M - Feb 2023
Algehele gradering
Rustig en stil, alhoewel naby genoeg aan die lughawe.
Seef C - Sep 2022
Algehele gradering
Goeie ervaring.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Ai, dit is heerlik om gaste soos julle te kan akkommodeer.
Dankie dat julle weer by ons bespreek het en vir die terugvoer op jou ervaring van African Silhouette Gastehuis.
Ons waardeer Julle!!
Anmar P - Jun 2022
Algehele gradering
Netjies en gasvry.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Anmar,
Dankie vir die mooi boodskappie, wat jy hier laat vir ons African Silhouette Gastehuis, maar ook vir toekomstige gaste.
Dit is en bly 'n voorreg om gaste soos julle te kan bederf.
Vertrou om julle 'n somer ervaring te kan bied - met die opgeknapte tuine, buitestort, swembad en trampoline.
Kom kuier weer asseblief.
Dirk V - Jan 2022
Algehele gradering
Genotvolle ervaring met baie ekstras.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie baie dankie vir die verrassende boodskappie.
Die tyd het alweer so vinnig aangestap, maar julle kuiertjie, èn herinneringe is vars in ons gedagtes.
Ons sien uit na julle volgende besoek in Gautengeleng.
Mooi loop en sterkte met die studies!
Jackie D - Aug 2022
Algehele gradering
Lekker naby die lughawe maar tog buite die stad. Stil plekkie en Susan was baie vriendelik en tegemoetkomend.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie vir die resensie, en dat julle op so 'n kort kennisgewing die Country Garden Retreat eenheid bespreek het.
Julle is spontane gaste wat enige tyd welkom is by African Silhouette Gastehuis.
"Hmmm" en die gedroogde tuisgemaakte wilds-wors was 'n heerlike bederf!
Baie baie dankie.
Morena M - Jan 2022
Algehele gradering
Amazing atmosphere! Meticulous service! Serene location! I left feeling so refreshed and re-focused. 10/10!
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
It was a pleasure to host you and to hear about your lovely experience while staying at African Silhouette Guesthouse
We are looking forward to assisting again in the near future, and whenever you are in need of our tranquil hospitality services.
Ronel V - Nov 2022
Algehele gradering
Baie lekker.
Leonard H - Nov 2022
Algehele gradering
Susan het uit haar pad gegaan om ons te huisves.
Marizelle S - Nov 2021
Algehele gradering
Ongelooflike gasvrye mense, ons het elke oomblik geniet
Kobus B - Nov 2021
Algehele gradering
Dit was seriously awesome!
Marilena L - Nov 2021
Algehele gradering
Pragtige plek, sal die gastehuis weer gebruik. Baie geniet om daar ons naweek deur te bring.
Adele K - Des 2021
Algehele gradering
Rustige atmosfeer.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, ons waardeer jou positiewe ervaring tydens jou verblyf. Kom kuier gerus weer by ons.
Jody K - Okt 2021
Algehele gradering
Enjoyable.
Lana V - Jul 2021
Algehele gradering
Neat and clean
Willie N - Feb 2020
Algehele gradering
Lekker rustig en vriendelike atmosfeer.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Willie, Dankie vir die mooi resensie. Dit hou ons op ons tone en onderhoud word deurgans gedoen.
Dit is 'n voorreg om gaste en reisigers te kan akommodeer.
Wanneer in die omgewing, weet ons deure is wa-wyd oop vir julle.
Elke seisoen bring iets nuuts, en ons hoop om julle binnekort weer te kan bederf.
Die lewe is 'n lied en reis,
Geniet 2021
Aileen C - Des 2020
Algehele gradering
Rus en vrede.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Die eerste maand van 2020 is reeds amper verby.
Louis, julle kuier is nog so vars in my gedagtes, en ek wil net die dankie briefie skryf, dat julle gekies het om hier by ons, African Silhouette Gastehuis, te oornag. Gaste soos julle is hartsmense, wat enige tyd weer welkom is. Veilig wees in die elke dag se wandel en reis. Baie dankie ook vir die mooi getuigskrif wat julle hier gelaat het, wat ander gaste kan help, op soek na hul plek van rus en vrede, terwyl hulle reis.
Groete, Susan
Pieter K - Feb 2020
Algehele gradering
Aangenaam en die gasvryheid was top-klas.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Ai, Julle gaste is almal so spesiaal.
Om briefies soos hierdie te kry, sit onmiddelik 'n 'smile' op my gesig soos ek julle in my gedagtes sien. Dit is heeeeeerlik om mense soos julle te kan bederf.
Dankie vir kuier, die briefie en
Geniet die lewensreis
African Silhouette Groete
Hans D - Feb 2020
Algehele gradering
Nors toe hek moet oopsluit word, en beskuldigings om ekstra te betaal. Pad na gastehuis baie sleg.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Sjoe, Hans. Jammer vir die frustrasie wat jy moes beleef het.
Dankie dat ek kon verduidelik dat die hek tydelik buite werking is as gevolg van die donderstorm wat ons gehad het en oop en toe geskuif moes word.
Hiermee vra ek dus om verskoning dat ek nors voorgekom het, 22:56 die aand om die hek vir jou vriendin oop te maak. Dit laat my net weereens besef hoe belangrik kommunikasie is, dan sou ek nie in twyfel wees, of ons moet wakker bly of ook tot rus kom nie.
Gelukkig was dit stil, rustig en glo ek kon jy goed uit rus tot 10h15 die oggend.
Uit al die vele goeie resensies van die verlede, neem ek hierdie een ter harte en leer daar uit.
Weereens - Jammer - vir die ervaring.
Seef C - Des 2019
Algehele gradering
Pragtige omgewing met waarde vir geld en vriendelike diens.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dis altyd 'n fees om my huis met ander te deel, gaste soos julle is soos helder vrolike kerse op 'n loadshedding aand.
Dankie vir julle spontaniteit en heerlike geselsies.sowel as die mooi resensie.
Dankbaar dat ek julle kon bederf met bietjie 'vakansie' tydens julle besige program en harde werk.
Mi casa es tu casa - My huis is jou huis.
African Silhouette groete
Carmen H - Sep 2019
Algehele gradering
Goeie verblyf en vriendelike diens.
Yvonne H - Apr 2019
Algehele gradering
Dit was 'n baie gesellige, rustige plek.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Yvonne,
Dankie vir jul besoek en keuse wat jul gemaak het om juis hier by die 'weggesteekte' African Silhouette Gastehuis te kom kuier en oornag. Julle het beslis die stillte en natuurskoon so in die klein landelike gebied naby OR Tambo geniet. Dit is altyd lekker om te sien mense waardeer nog stil oomblikke in die natuur. Dankie ook vir die verwysing wat julle hier gee en die herinneringe wat julle met julle saam neem met ander deel.
Geseënde lewensreis vir julle & kom kuier gerus weer.
Ben U - Jan 2019
Algehele gradering
Baie windgat plek, my soort plek.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dis heerlik om so 'n verrassende skrywe te kry.
Vreeslik dankie vir die moeite om ons te bederf met so op en wakker resensie.
Ons sien uit na julle volgende pitstop-kuier.
Gerry S - Des 2019
Algehele gradering
Als was net awesome, gevoel of ons by die huis is. Baie dankie.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Beste Gerry,
Dankie vir die mooi review.
Dit was 'n belewenis en voorreg om jul groepie te kon huisves. Dankie vir die voorreg.
Sou ek 'n review skryf oor my gaste, kry julle spannetjie 10 uit 10.
Die beddens en kamers was op vertrek soos op aankoms, beddens opgemaak.
Vriendelike en dankbare gaste. Dankie.
Sukses en Seen vir 2020
Sophia H - Jun 2019
Algehele gradering
Wonderlike gastehuis met die amazingste gasheer, wat beskikbaar is 24/7.
Lees meerAfrican Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Wat 'n pragtige boodskappie, dankie Sophia, Rita, Susan & Marthinus :
Julle is "baanbreker gaste"
Tydens jul 8 nagte se verblyf, het julle addisionele deure kom oop maak by African Silhouette Gastehuis
Van nou af maak ons met liefde ons deure oop aan ander gaste wat ook blind is, en is besig met die beplanning om voorsiening te tref ook vir hulle gids honde.
Julle besoek is 'n "eye opener" en dit was 'n totale FEES dat julle juis HIER kon wees.
Baie Dankie Dat Julle African Silhouette Gekies Het
Anton G - Mei 2019
Algehele gradering
Susan is 'n puik gasvrou en het ons tuis laat voel.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dankie vir die heerlike verrassende resensie, Anton.
Dit is natuurlik die mees wonderlikste ding vir 'n gasvrou wanneer haar gaste hulself kan geniet. Wegbreektye is maar skaars in die gejaagde lewe en hier op ons mini-plasie omvou ons graag ons gaste, soos julle, met hartlike, spontane boere liefde. Wat 'n voorreg dat ons dit kon doen.
Geniet julle lewensreis en kom loer gerus weer in by ons.
Anneke C - Feb 2019
Algehele gradering
Vriendelike en hartlike ontvangs, voel of ons by familie gekuier het.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie vir die spontane boodskappie wat julle aan ander reisigers laat oor African Silhouette Guesthouse.
Dit beteken altyd baie, vir my as gasvrou maar ook aan ander gaste. Dit was heerlik om julle te kon bederf en julle gesin is enige tyd weer welkom.
Vriendelike Groete,
Susan
Andre D - Des 2019
Algehele gradering
Lekker gebly, rustig en aangenaam.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dankie vir die boodskap Andre, dit is altyd 'n aanwins om gaste soos julle te kan huisves.
Dit is julle harte wat my deure oop hou.
Dankbaar dat ons tot hulp kon wees tydens julle besoek aan Gauteng.
Geniet die res van die lewensreis.
African Silhouette groete
Jan-casper M - Sep 2019
Algehele gradering
Gasvry en vriendelik.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie Jan-Casper dat jy African Silhouette Gastehuis gekies het en vir die verrassende 'review'.
Dit is 'n groot plesier - enige tyd weer welkom wanneer in ons omgewing. Geniet die lewensreis.
Annelise B - Apr 2019
Algehele gradering
Nice.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie Annelise vir jul tyd om vir ander reisigers bietjie mee te deel van jul ervaring by African Silhouette Gastehuis. Julle is altyd welkom, heerlik om julle hier by ons te kon huisves. Mooi loop.
Sakkie M - Jul 2018
Algehele gradering
Gasvry, baie lekker en uiters gesellig.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Sakkie, Dit is altyd heerlik om ons gaste se terugvoer te ontvang. Baie dankie vir die keuse om juis hier te kom oornag het.
Ons waardeer dit en die mooi boodskap en aanbeveling aan ander gaste.
Mooi naweek & bly warm, lente is om die draai
African Silhouette Gastehuis-groete
Louis M - Jul 2018
Algehele gradering
We had a very nice “feel at home” stay for one night, thank you Susan!
Sasja V - Sep 2018
Algehele gradering
Uitstekende, vriendelike diens en pragtige kamer.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Beste Sasja,
Dit was heerlik om jou te kon bederf. Dit was in die Lente van 2018 wat jy by ons tuis was. Ons deure is oop en ons verwelkom jou enige tyd terug met ons warm hartlike gasvryheid. Kom kuier gerus in die winter en beleef die mooi van elke seisoen.
Veilige en vrolike lewensreis vir jou .
Zanelle V - Jul 2018
Algehele gradering
Fantastic stay with so much personal effort and care taken to make our stay one to remember.
Hettie K - Mrt 2018
Algehele gradering
Perfekte mamma-meisiekind wegbreek.
George G - Nov 2017
Algehele gradering
Die verblyf was baie netjies en sal dit definitief aanbeveel.
Danie M - Jun 2017
Algehele gradering
Suid-Afrikaanse gasvryheid op sy beste.
Theo V - Des 2017
Algehele gradering
Baie aangenaam met goeie vriendelike diens en heerlike ontbyt!
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Wat 'n verrassing, dankie vir die resensie Theo, dit is heerlik of is dit nou jrlik om jou as gas te kon huisves. Pure lekkerte om so 'n resemsie te ontvang as bewys van hoe jy dit hier by African Silhouette guesthouse beleef het. (Ons stuur ook die pakkie aan soos versoek)
Vriendelike groete,
Eienaares
Lennox B - Aug 2017
Algehele gradering
Baie aangename verblyf.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dankie vir die terugvoer na jul paar dae se verblyf. Verseker is dit ook waardevol vir ander toekomstige reisigers.
Dit was aangenaam om julle te kon huisves. Dis 'n groot plesier en geen moeite wanneer ons onsself in ons gaste se skoene plaas en seker te maak hulle is tevrede en gelukkige gaste.
Geniet jul lewensreis verder.
Groete,
African Silhouette - bestuur
Noeline V - Jun 2017
Algehele gradering
Fantastiese vriendelike warm mense.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, Noeline. Jy is een in 'n miljoen, 'n borrelende, spontane gas wat dit so maklik maak om te akkommodeer. Dankie dat jy by ons tuisgegaan het. Hopelik met jou volgende besoek aan Gauteng sal dit bietjie langer wees met meer bederfies.
Veilig wees en veilig reis.
Groete van ons hier by African Silhouette Guesthouse
Lindsay V - Jan 2017
Algehele gradering
Was lekker rustig.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dit was heerlik om jul as familie te kon huisves. Dankie vir die terugvoer, waarde vir geld, kliënte diens, netheid, area waar geleë is, en sekuriteit.
Aangaande Wi-Fi die spoed is vinnig, vrylik en gratis beskikbaar vir 20 min in die Wi-Fi hot-spot area, waarin gaste tot dusver tevrede was om die noodsaaklike op die net te doen. Soos by restaurante in ons omgewing, volg ek die trend, na 20 minute skakel dit outomaties af alhoewel hier by African Silhouette dit steeds beskikbaar is maar teen 'n minimale bedrag.
Geniet die res van jul Lewensreis en koester die spesiale oomblikke.
African Silhouette Groete
Johan A - Feb 2016
Algehele gradering
Great and relaxed place to stay!
Cornel V - Okt 2016
Algehele gradering
Dit is 'n pragtige veilige gastehuis.
Johan D - Nov 2015
Algehele gradering
Dis wat 'n mens dit noem.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Beste Malinda,
Baie dakie vir die pragtige, eerlike boodskappie wat julle hier los. Dit was ook 'n voorreg om die baljaar in die swembad te kon beleef. Ons is dankbaar dat ons kon deel vorm van jul gehalte-tye saam as gesin.
Ons hoop om julle binnekort weer te sien!
Vriendelike groete,
African Silhouette Gastehuis - bestuur
Adele B - Mei 2015
Algehele gradering
Netjies. Vriendelik. Behulpsaam.
Errol M - Feb 2015
Algehele gradering
Die perfekte wegbreek van af die stad.
Neandra V - Aug 2015
Algehele gradering
My soektog vir verblyf is verby! As ek weer in die area is sal by geen ander plek tuisgaan nie.
Andre V - Jul 2015
Algehele gradering
Pragtige plek en baie goeie ontvangs.
Christo D - Jun 2015
Algehele gradering
Dit was wonderlik daar. Ten spyte van die koue was dit baie lekker en aangenaam daar.
Theo P - Okt 2015
Algehele gradering
Baie interessante plekkie.
African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden se terugvoer
Dear Lisa,
Thank you for the review and that you chose African Silhouette Guesthouse as your little hideaway. It is our aim to provide to our guests what we promise. We take all reviews into consideration to keep our services and overall rating up.
Hope to welcome you back in the future!
Warm regards,
African Silhouette Guesthouse management
Lc A - Jun 2015
Algehele gradering
Rustig en stil.
Freda S - Nov 2014
Algehele gradering
My seun en skoondogter het oorgeslaap op hulle troudag en het dit vreeslik geniet.
Dylan N - Okt 2014
Algehele gradering
A piece of heaven is exactly what it is!!
Jeané R - Sep 2014
Algehele gradering
Verwelkomend en romanties!
Koen K - Mei 2014
Algehele gradering
Was heerlik en vriendelik. Baie skoon.
Tulise V - Okt 2014
Algehele gradering
Dit was baie rustig, 'n lekker kalm omgewing en 'n wonderlike rustige atmosfeer.
Ab H - Jul 2014
Algehele gradering
Baie lekker en rustig!
Rainer L - Mrt 2014
Algehele gradering
'n Wonderlike kamer wat baie netjies en rustig is.
Vitalia B - Nov 2013
Algehele gradering
Die personeel was aangenaam!
Nokuthula N - Sep 2013
Algehele gradering
Nice place to relax
Tanja F - Nov 2013
Algehele gradering
Goeie, vriendelike diens!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareelaan 119, Marister, Kempton Park, 1623, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang