African Sky Guest Accommodation
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerweg 9, Mindalore-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Vanaf R880 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die instansie is al goed gevestig vir 14 jaar. Dié gewilde gastehuis is gebou met die doel om veilige, aangename en bekostigbare verblyf te bied. African Sky Guest Accommodation is in Krugersdorp, bo in Voortrekkerweg, op die grens van Roodepoort geleë. Duie gastehuis het slaapplek vir 40 gaste. Etes kan voorsien word, of gaste wat langer as 2 dae bly kan van die selfsorg-geriewe gebruik maak. Gaste kan kies tussen verskillende kamertipes ? Korporatiewe-kamers vir sakereisigers, gasinskamers met 4 slaapkamers en selfsorg-eenhede met 2 slaapkamers vir ambagsmanne.
Dié L-vormige gastehuis het kamers met privaat ingange en en suite-badkamers. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eienaar se huis en die gastekamers word geskei deur 'n rustige tuin en 'n kristalhelder swembad wat sorg dat gaste altyd privaat voel. Gaste kan gerus die swembad en die braaigeriewe gebruik.
Indien jy na 'n puik plek soek om te bly teen billike tariewe het jou soektog tot 'n einde gekom. Kom en ervaar ons vriendelike, egte gasvryheid onder die pragtige Afrika-sterrehemel.
Besienswaardighede in die omgewing sluit die Silver Star Casino (9 km), Monument en Krugersdorp Hoërskool (4 km), Ruimsig-sportstadion (7 km) en die Witpoortjie Ontspanningsentrum (3 km) in. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is 40 minute se ry weg en Lanseria-lughawe is net 20 minute hiervandaan.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Middagete
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Erna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 74
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Voortrekkerweg 9, Mindalore-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Gaste dink African Sky Guest Accommodation het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Silverfields Wes-Rand Krugersdorp Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerweg 9, Mindalore-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang