Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

African Sky Guest Accommodation

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerweg 9, Mindalore-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
  • Vanaf R880 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die instansie is al goed gevestig vir 14 jaar. Dié gewilde gastehuis is gebou met die doel om veilige, aangename en bekostigbare verblyf te bied. African Sky Guest Accommodation is in Krugersdorp, bo in Voortrekkerweg, op die grens van Roodepoort geleë. Duie gastehuis het slaapplek vir 40 gaste. Etes kan voorsien word, of gaste wat langer as 2 dae bly kan van die selfsorg-geriewe gebruik maak. Gaste kan kies tussen verskillende kamertipes ? Korporatiewe-kamers vir sakereisigers, gasinskamers met 4 slaapkamers en selfsorg-eenhede met 2 slaapkamers vir ambagsmanne.

Dié L-vormige gastehuis het kamers met privaat ingange en en suite-badkamers. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eienaar se huis en die gastekamers word geskei deur 'n rustige tuin en 'n kristalhelder swembad wat sorg dat gaste altyd privaat voel. Gaste kan gerus die swembad en die braaigeriewe gebruik.

Indien jy na 'n puik plek soek om te bly teen billike tariewe het jou soektog tot 'n einde gekom. Kom en ervaar ons vriendelike, egte gasvryheid onder die pragtige Afrika-sterrehemel.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Silver Star Casino (9 km), Monument en Krugersdorp Hoërskool (4 km), Ruimsig-sportstadion (7 km) en die Witpoortjie Ontspanningsentrum (3 km) in. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is 40 minute se ry weg en Lanseria-lughawe is net 20 minute hiervandaan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Marietjie M
Gesin met tieners
5.0
Hemels. Ons het baie lekker gebly. Eienaar het baie moeite gedoen met ons.
Aug 2024
Tanya P
Saam met vriende
5.0
Die gasvryheid was briljant. Dit was baie aangenaam. Ons was 'n groep vriende.
Mei 2024
Andries B
5.0
Great. Great venue. Thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Pierre H
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Etes word in kamer bedien ,skoon en netjies en baie vriendelike diens.
Jun 2023
Frank M
Saam met lewensmaat
4.8
Baie tevrede en dankbaar. Netjies, veilig, lekker bed, lekker kamer, veilig, en die gasheer askuus, vrou, baie goed. sal weer daar bly.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Voortrekkerweg 9, Mindalore-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
  • Gaste dink African Sky Guest Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerweg 9, Mindalore-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd06635244d9a68de83b657e90f6342e5857c2a6c034dda5a3afa4b454af0934aff1f808acc1c09cb0dc7898b0a4a5ae59a3f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag (plek vir 2) 74 5 1 5 9 Voortrekker Road Mindalore North 1739 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.127165036386 27.833481431007

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang