African Sky Villa
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koperkapel-straat 2344, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R2 400R1 920 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
African Sky Villa is 'n klein lodge in Marlothpark wat 2 luukse privaat villas bied - Sky Villa en Remington Villa.
Sky Villa bied 2 ruim en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n muskietnet en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Een van die slaapkamers het 'n 4 m-skuifdeur met 'n uitsig oor die swembad, stoep en bosveld. Die ander slaapkamer het 'n 2 m-skuifdeur met 'n uitsig oor die stoep. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n waaier.
Een van die slaapkamers het 2 leunstoele met 'n voetstoeltjie en die ander slaapkamer het 'n rusbank. Daar is 'n TV met Netflix in elke slaapkamer.
Sky Villa se kombuis is met 'n mikrogolf, stoof, oond en yskas-vrieskas toegerus.
Die lodge spog met 'n liefde vir die buitelewe. Die stoep het 'n braai-area met gemaklike sitplek en braaigeriewe. Daar is ook 'n buite-eetarea met 'n sonsambreel en grasdak-sitarea asook 'n dek met sonstoele. Daar is pragtige bome op die stoep insluitend knoppiesdoringbome, jakkalsbessiebome en rooihaakdoringbome. Die stoep het ook 'n groot swembad. Gaste in Sky Villa het eksklusiewe gebruik van die bogenoemde.
Remington Villa bied 2 gemaklike en stylvolle en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n muskietnet en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die slaapkamers lei na 'n onderdaksitarea en -eetarea met 'n uitsig oor die randvloeiswembad en tuin. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n waaier.
Daar is 'n TV met Netflix in elke slaapkamer.
Die villa het 'n kombuis wat met 'n lugbraaier, stoof en yskas-vrieskas toegerus is. Remington Villa is eksklusief en privaat. Alle eet- en spysenieringsdienste is privaat beskikbaar in elke woonstel.
Remington Villa is gemik op die buitelewe. Daar is 'n stoep met gemaklike sitplek en braaigeriewe.
Die lodge het gratis parkeerplek en 'n rugsteunstelsel met sonkrag sowel as gratis WiFi en USB-poorte vir gaste se elektroniese toestelle.
Die tariewe geld vir selfsorgverblyf, maar daar is 'n opsie om op te gradeer na B&B-verblyf of B&B met aandete. Die ontbyt sal Kontinentaal wees. Kontak die lodge direk indien gaste wil opgradeer.
Safaris na die Krugerwildtuin is beskikbaar teen ekstra koste en die lodge kan daguitstappies reël na Swaziland, die Panoramaroete, Mosambiek of 'n braai in die Krugerwildtuin. Meer besonderhede hieroor kan direk met die bestuurder bespreek word.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Sarah Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Koperkapel-straat 2344, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink African Sky Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koperkapel-straat 2344, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang