Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

African Sun Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutboom Straat, George, 6531, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

African Sun Guest House is aan die buitewyke van George, op die Outeniekwa se landelike Hopsroete, geleë. Geniet 'n plaasondervinding sonder enige grondpaaie met die dorp net 'n paar minute ver.

Ons is op die R404, slegs 2 km vanaf die bekende Fancourt Gholflandgoed, geleë en is ook net 4 km van die George-lughawe af.

Die gastehuis is op 'n kleinhoewe, omring deur aarbei- en framboosvelde, geleë en ons is binne stapafstand vanaf 'n landerye waar die publiek aarbeie kan pluk. Daar is 'n heelwat doendinge vir kinders sooos 'n treintjie, ponieritte en 'n speelpark. Die Redberry Aarbeifees vind ook jaarliks in September plaas.

Daar is ook 2 wêreldbekende vliegskole by die George Lughawe. Ons het al menige internasionale studente wat by die skool ingeskryf is gehuisves.

Begeleide toere kan na die Three Chameleons Gholfbaan, Redberry Plaas, Silver Lily Cheese Farm en Utopia Wildsplaas gereël word. Dit is alles binne 'n radius van 2 km van ons af.

Die kuslyn strek vanaf Stilbaai tot by Plettenbergbaai waar jy aan doendige soos walviskyk (tydens die seisoen tussen Junie en November) kan deelneem. Daar is ook pragtige kusstroke waar hulle van die land af dopgehou kan word.

Heroldsbaai is 'n 10 minute-motorrit van ons af, waar snorkel-duikers en kinders die wit sandbaai met veilige getye-poele kan geniet.

African Sun is aan die voet van die majestueuse Outeniekwaberge geleë, en bied verskeie staptoere met talle stroompies en watervalletjies wat die verskillende spesies van fynbos en proteas voed. Gaan op die skilderagtige roete na Oudtshoorn met die bekende Montagu-pas met sy ryk geskiedenis terwyl jy die wyn- en vrugteplase verken.

Die Tuinroete strek tot by Stormsrivier. Verken die area vanaf Wildernis, Knysna en Plettenbergbaai al met die roete langs tot in die Tsitsikamma-woud, ongeveer 150 km van ons af.

Die Garden Route Mall bied 'n wye verskeidenheid winkels om in al jou behoeftes te voldoen.

B&B- of selfsorgverblyf is beskikbaar.

Die verblyf word deur 'n gesin bestuur en die bestuurders wil seker maak dat hulle altyd beskikbaar is en sodoende in elke individu se behoeftes te voldoen. By ons kan kinders 'n heerlike plaaslewe-ervaring kom ervaar, waar hulle die diere kan voer en vars eiers kan versamel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.6
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Esme C
5.0
Netjiese, cottage look gastehuis. Pragtige tuin en lekker kuier area. Ja, stil en rustig en naby aan die nodige winkelsentrums.
Des 2023
Christa L
Gesin met tieners
4.8
Baie lekker dankie, kamer kort net 'n haardroër en ketel. Pragtige plek en pragtige omgewing. Netjies en skoon.
Aug 2024
Annerie M
Saam met lewensmaat
4.8
Pragtige tuin, baie lekker area. Naby die aarbeiplaas, bietjie uit die roesmoes van die dorp, vriendelike ontvangs.
Sep 2023
Alta D
4.6
Lekker. Baie lekker gebly. Stort kort net goeie skrop.
Des 2023
Marina Venter V
4.4
Puik! Dit was 'n goeie oorslaap. Baie skoon net wit linne! Dankie, ek sal weer kom.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Ingrid Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Geelhoutboom Straat, George, 6531, Wes-Kaap
  • Gaste dink African Sun Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Blanco George Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutboom Straat, George, 6531, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMyZjEwZDM4LTU5NzYtNDRhNS04NjU0LTdjYmUzN2VhN2RlZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 29 5 1 4 Geelhoutboom Street George 6531 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.961942234196 22.383103966713

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang