Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

African Vineyard Guesthouse & Spa

Gastehuis
Spesiale Aanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 13 Feb 2025 tot 31 Mei 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 79, Kanoneiland, 8802, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 932 R1 449 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

African Vineyard Boutique Hotel & Spa is naby Upington en Keimoes in die Noord-Kaap en dit is in die luisterryke wingerde van Kanoneiland in die Groen Kalahari-streek geleë. Dit is die ideale plekkie vir gaste wat op pad is na die Kgalagadi Transfrontier Park, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en Namakwaland gedurende die blomseisoen. Ontsnap na hierdie eilandjie met sy stadige leefstyl op 'n rosyntjieplaas en geniet 'n ontspannende tyd en heerlike maaltye by hierdie gesondheidstoevlug.

Verblyf word aangebied in 15 ruim en pragtig ingerigte kamers, in opsies wat verskil van standaard tot luuks. Elke kamer maak oop op die groen oase van die tuin wat wemel van voëls. Meeste van die unieke, gemaklike en elegante kamers kyk uit oor die pragtige tuin met 'n swembad en verskeie voëlspesies.

Hier kan jy plattelandse gasvryheid en lieflike kos ervaar tesame met vriendelike en persoonlike diens wat jou verblyf absoluut onvergeetlik sal maak. Gaste kan die plattelandse gasvryheid en heerlike ontbyt geniet.
Die ontbyt word buite bedien langs die swembad as die weer gunstig is, andersins word dit binne voorgesit gedurende die kouer maande. Daar is ook tuisgemaakte aandetes en ligte middagetes beskikbaar, wat in die tuin of in die restaurant bedien word. Gaste het ook die keuse van gesonde-eetopsies.

Kanoneiland is die grootste eiland in die Oranjerivier en is die grootste bewoonde eiland in Suid-Afrika. Dit is 14 km lank en 3 km by sy wydste punt en dit dek 'n area van 2553 hektaar. Die vrugbare spoelgrond en geredelike water van die rivier word gebruik vir die kweek van sultanadruiwe, lusern, pekanneute en selfs katoen.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 89 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nico V
Saam met lewensmaat
5.0
Hulle doen moeite om jou laat welkom voel. Baie baie lekker. Gasvry, hulpvaardig en vriendelik. Die kos was ongelooflik. Kan dit hoog aanbeveel.
Jul 2024
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer daargaan oornag. Pragtige tuine met 'n ruim en netjiese kamer, dit maak al die moeite werd. Spa-behandeling en restaurant uitstekend.
Feb 2024
Nina N
Saam met lewensmaat
5.0
Green, luxurious and welcoming! We were positively surprised. The room was nicely decorated and with a view of the garden. Even a more ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Hannes L
Saam met lewensmaat
4.6
Lekker rustig! Lekker ruim kamer met lieflike buite stort.
Des 2024
Nanneke L
Saam met lewensmaat
4.6
Vrede vir jou siel. Kos was ongelooflik! Alles was net mooi. Verblyf uit die boonste rakke.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dr Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 89

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Erf 79, Kanoneiland, 8802, Noord-Kaap
  • Gaste dink African Vineyard Guesthouse & Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 932
R 1 932 R 1 449
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 932
R 1 932 R 1 449
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 79, Kanoneiland, 8802, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA79c2ce212604b26a97f8775b990dd57c89f2549f26b8b46b86918dfb257f148dd6bcb3e653c865387314eb0f4fe273cd3180?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 932 nouVanaf R1 449 per nag, vir 2 mense 89 5 1 5 Plot 79 Kanoneiland 8802 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.655683612985 21.077892780304

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang