Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Afrika Pearl Guesthouse

Gastehuis
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 7 Aug 2024 tot 31 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patriotstraat 20, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 R1 485 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Geleë in die middel van die Paarl, net 60 km vanaf Kaapstad, is die lieflike Afrika Pearl Gastehuis wat gaste pragtige eenhede bied met uitsigte oor die tuin, swembad en Paarlberg.

Die gastehuis bied aan gaste 'n keuse tussen verskeie eenhede. Die lieflike selfsorg-eenheid, Granite Grey, spog met sy eie tuin, privaat ingang en onderdakstoep. Tranquillity, The Patriot en The Pearl is by die hoofhuis geleë en bied toegang tot 'n tradisionele stoep wat na die tuin en swembad lei. Elke eenheid is toegerus met 'n TV met volledige DStv, WiFi, 'n kluis vir waardevolle items, lugversorging en verwarmers asook 'n elektriese kombers. Hierdie nie-rook eenhede het ook privaat ingange.

Die selfsorg-eenheid, Granite Grey, het slaapplek vir 2 gaste en het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas en al die nodige toebehore. Hierdie eenheid het ook 'n privaat tuin. 'n Draagbank of bedjie is beskikbaar en moet gereël word.

The Patriot and Tranquility het slaapplek vir 2 gaste elk en die kamers het 'n klein sitarea, lugversorging, warm komberse vir die winter, 'n kluis, TV, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Die eenhede bied ook toegang tot 'n onderdakstoep met 'n tuin-uitsig en 'n swembad. Handdoeke is beskikbaar vir swem. 'n Draagbank of bed kan gereël word.

The Pearl het 2 driekwartbeddens, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, kluis, warm komberse vir die winter, lugversorging, 'n TV en WiFi.

Die eiendom het ook sonkrag tydens beurtkrag.

Verskeie restaurante soos Wiesenhof Koffies, Jack's Bagels, Jackson & Black en Cattle Baron is binne 'n kort entjie se stap van die gastehuis af geleë, en Paarl word omring deur wynplase en besienswaardighede om gaste te vermaak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Chris O
5.0
Baie aangenaam. Baie aandag gegee aan detail, super netjies en skoon, sal onvoorwaardelik aanbeveel.
Aug 2024
Albert C
Besigheidsreis
5.0
Gemaklik. Baie lekker gebly, WiFi is fantasties en baie behulpsaam.
Mrt 2024
Millie V
Gesin met klein kinders
5.0
Sal weer daar bespreek! Het heerlik gebly. Alles wat jy nodig het, is daar!
Mrt 2024
Randall C
5.0
I would definitely go stay with them again! Friendly people who welcome you like a family member.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Desiree D
5.0
Beautiful, neat and safe. My stay at Afrika Pearl was absolutely amazing! The couple (owners) are very kind and friendly and they most ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Christelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Patriotstraat 20, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Afrika Pearl Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
R1 650 R1 485
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 650
R1 650 R1 485
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patriotstraat 20, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlNWQyZWM1LTIxMjItNDZhMS04NGI0LTlkOTZkMGVhNGUzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 650 nouVanaf R1 485 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 20 Patriot Street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.741610593069 18.966078758212

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang