Afrique du Sud Gastehuis
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7de straat 33, Mookgophong, 0560, Limpopo
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Afrique du Sud Guesthouse is in die dorp Mookgophong (voorheen bekend as Nabbomspruit) geleë. Dié gastehuis is 45 km suidwes van Mokopane/Potgietersrus en die ideale oorstopplek op pad na Botswana, Zimbabwe en die Kruger Wildtuin.
Afrique du Sud bied luukse verblyf teen bekostigbare pryse. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n TV met plaaslike kanale. Geniet 'n heerlike ontbyt by die lapa met 'n uitsig oor die welige, mooi tuin. DStv is in die gemeenskaplike sit-area beskikbaar.
Mookgophong is 'n bekoorlike en florerende dorp aan die voet van die Swaershoekberge. Dit word omring deur rustige natuurreservate en warmwaterbronne. Die bosveld-klimaat en aanloklike oorde in die omgewing lok vakansiegangers regdeur die jaar. Daar is 'n aantal warmwaterbronne, asook voetslaanroetes waar besoekers die unieke bosveld-flora van die Waterbergdistrik te sien kan kry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Joey Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 7de straat 33, Mookgophong, 0560, Limpopo
- Gaste dink Afrique du Sud Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Naboomspruit Mookgopong Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7de straat 33, Mookgophong, 0560, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang