Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Agama Tented Camp

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Drooggekraal Plaas, Garies, 8220, Noord-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Agama Tented Camp bied jou 'n toevlugsoord ver van die luisterryke safari-agtige woude en velde van Afrika. Hier in Namakwaland, 'n onbekende hoekie van Suid-Afrika wat gereeld misgekyk word, sal jy 'n eiesoortige skoonheid vind wat nêrens 'n gelyke het nie. Agama Tented Camp is 20 km noord van Garies en nooi jou uit om te kom uitspan in die droogte van dié unieke wildernis, hetsy tydens die blommeseisoen of nie.

Kom bietjie nader aan die natuur en herontdek die droë prag van dié streek deur in 'n tent tuis te gaan, en nie net enige tent nie, maar 'n unieke en topgehalte tentkamp! Die gemaklike tente het elkeen hul eie privaat badkamer en groot dek vanwaar jy die niksheid van hierdie deel kan indrink. 'n Tuisgekookte plaas-aandete en volledige Engelse ontbyt is ingesluit.

Altesaam is daar verblyf vir 14 mense, en hier kan jy jouself in die bos verloor. Hou 'n ogie oop vir 'n verskeidenheid vlaktewild en gemsbokke wat dié roesrooi deel van ons land hul tuiste noem. Geniet 'n skemerkelkie soos die son agter die niks sak en die pikswart nag die tente omvou, met net die sterre as buitelig.

In die wintermaande is daar niks lekkerder as om voor 'n knetterende vuur in die tradisionele boma te sit en stories uit te ruil nie. Daar is ook ’n swembad om in af te koel.

Of jy nou op soek is 'n skemerkelkie met 'n uitsig, 'n voetslaanroete of net 'n lekker braaivleisvuur in 'n gesellige boma, Agama Tented Camp sal gaste se sintuie oordonder en bied 'n absoluut onvergeetlike ervaring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Petro S
Saam met vriende
5.0
Mooi plaaspad tot by kamp. Alles pragtig onderhou. Wat 'n mooi rusplek. Die lekkerste aandete in 'n lang tyd. Baie dankie.
Aug 2024
Marianne R
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker bederfplek! Ons was 'n hele paar jaar gelede daar. Definitiewe verbeteringe aangetref. Die omgewing was vol blomme. Baie mooi.
Sep 2023
Helena D
Saam met vriende
5.0
Absoluut fantastiese verblyf. Beveel hierdie verblyf ten sterkste aan. Heerlike etes en slaapgeriewe. Dankie Victor en Linda.
Aug 2023
Barend V
Saam met lewensmaat
4.8
Fantastiese blyplek. Lief dit baie. 'n Fantastiese experience wat in harmonie met die natuur is. 'n Klas van sy eie. Heerlike aandete en oggendete. Wo...
Sien meer
Aug 2024
Gigi Margery Anna S
Saam met lewensmaat
4.6
Wonderful! Relaxing! Fresh air! Exquisite views and landscape. (Looking closer - such beauty). Our host and hostess made us feel so ver...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Karien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Drooggekraal Plaas, Garies, 8220, Noord-Kaap
  • Gaste dink Agama Tented Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Drooggekraal Plaas, Garies, 8220, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22e738ac864c60b4d97fc2dfb7884f773439e554f454021ff3e2987de5314cbac604ee4fe16b23d3c5a7b011c89af10ec38c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 Drooggekraal Farm Garies 8220 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -30.430885936857 17.883194088936

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang