Ahoy Farmhouse 3
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Augustine-weg 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 600R1 440 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Ahoy Farmhouse 3 is in die ouwêreldse vissersdorpie, Paternoster, aan die Weskus geleë. Hierdie plaashuis is op 'n groot, stil eiendom in die middedorp en naby restaurante, winkels en kunsgalerye geleë. Daar is ook 4 ander eenhede op die perseel. Dit is in die middedorp en 1 km van die strand af.
Die oorspronklike plaashuis is omskep in 2 huise met aparte ingange en privaat tuine. Ahoy 3 het slegs slaapplek vir 4 gaste, dit sluit kinders van enige ouderdom in. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Let asb. op dat die tweede slaapkamer 'n aparte ingang vanaf die stoep het wat dit gerieflik maak vir tieners wat saam met hul ouers reis of vir 2 paartjies. Dié huis is nie geskik vir klein kinders nie.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea bied 'n eetkamertafel, gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi met goeie spoed is beskikbaar.
Daar is 'n groot stoep buite met 'n uitsig oor die tuin. Die huis het sy eie braai-area in die privaat tuin.
Die ou opgaardam is in 'n gemeenskaplike swembad omskep en is slegs beskikbaar vir gebruik deur gaste wat in die 5 huise op die perseel bly. Let asb. daarop dat die swembad nie omhein is nie en het nie 'n veiligheidsnet nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Camilla Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 334
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- St Augustine-weg 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Ahoy Farmhouse 3 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Augustine-weg 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang