Ai-Aiba -The Rock Painting Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D2315, Erongo-reservaat, 0000, Erongo
- Vanaf R4 060 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ai-Aiba -The Rock Painting Lodge lê aan die voet van die indrukwekkende graniet-rotse van die Erongoberge. Dié oeroue rotsformasies is die geërodeerde oorblyfsels van 'n vulkaan wat sowat 130 miljoen jaar oud is. Ai-Aiba is 'n geheimsinnige plek wat veral bekend is vir sy tientalle rotstekeninge.
Ai-Aiba Lodge is deel van die Erongo Mountain Nature Reserve wat 200 000 hektaar groot is en wat sowat 249 km vanaf Windhoek geleë is. Die grondpad na die Ai-Aiba -The Rock Painting Lodge kronkel tussen die Erongoberge deur.
Verblyf word in 10 chalets wat elk 'n Afrika-tema en 2 slaapkamers het, gebied. Elke kamer is smaakvol gemeubileer en het lugversorging en 'n kluis. Elke kamer het ook 'n privaat patio en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Die lodge bestaan uit 'n hoofgebou met 'n grasdak waar die ontvangs, gastesitkamer en die openbare kroeg en restaurant met sitplek vir 50 is. Die restaurant bedien ontbyt, middagete en aandete. Die swembad is langs 'n dek met sonbeddens en 'n skadu-area met 'n tafel en stoele.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Katja Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die D2315, Erongo-reservaat, 0000, Erongo
- Gaste dink Ai-Aiba -The Rock Painting Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 40 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D2315, Erongo-reservaat, 0000, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang