Ainsley Private Accommodation
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Japonikastraat 11, Grimbeek Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ainsley Private Accommodation is net 'n hanetreetjie weg van die gewoel van die stad af, en is in 'n rustige omgewing en in 'n vreedsame woonbuurt geleë. Die huis van argitektoniese verwondering is die ideale plek om te ontsnap en te ontspan na 'n besige dag in die stad se winkels, besienswaardighede, feeste en sportbyeenkomste.
Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede wat geskik is vir 14 gaste. Die eenhede wat aangebied word, sluit in die Dupleks-eenheid, Tuinuitsig-dubbelkamer, Tuinuitsig-koninginkamer, en die Poolside Loft. Alle eenhede is het beddens en komberse, verwarmers en badkamers met 'n stort of 'n bad, TV, waaiers, en elke eenheid het tee- en koffiemaakgeriewe. Die gaste-sitkamer is beskikbaar vir alle gaste en het DStv. Al die kamers het Openview.
Daar is 'n klein speletjieskamer met tafelvoetbal, 'n pooltafel, tafeltennis en bordspeletjies. Buite is daar 'n swembad en swembadspeltjies beskikbaar op versoek. Gaste kan by die boma met hout braai of die onderdak-gasbraai gebruik.
Gefiltreerde water, beskuit met aankoms, ligte en WiFi gedurende beurtkrag en gratis aflaai en oplaai van wasgoed is ingesluit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dianne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Japonikastraat 11, Grimbeek Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes
- Gaste dink Ainsley Private Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Japonikastraat 11, Grimbeek Park, Potchefstroom, 2531, Noordwes