Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aire del Mar Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Dykstraat 77, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 820 R1 547 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aire del Mar is in Kleinbaai, sowat 3 km vanaf Gansbaai geleë. Die gastehuis is stapafstand van die hawe af wat bekend is vir haaihokduikavonture en Marine Groot 5 eko-vaarte.

Hierdie gastehuis bied vriendelike, persoonlike diens, asook gehalteverblyf in 8 ruim en luuks B&B-kamers met onbelemmerde see-uitsigte, en 1 met 'n berguitsig. Al die kamers het DStv, platskerm-TV, 'n paneelverwarmer, 'n waaier, ketel, Nespresso-masjien, haardroër, koffieskinkbord met koffie, tee, melk, suiker en tuisgebakte beskuit, asook toiletware en 'n muurkluis.

Ander geriewe op die perseel sluit braaigeriewe, WiFi en veilige parkeerplek in. Gaste begin hulle dag met 'n stewige Suid-Afrikaanse ontbyt voordat hulle die pragtige, geskiedkundige dorp en area begin verken.

Diegene wat daarvan hou om te stap het 'n aantal voetslaanroetes tot hul beskikking. Daar is die Fynbos-, Perlemoen-, Dangerpoint Vuurtoring-, Dripgrotte-, Klipgatgrot-roete in De Kelders. Kleinbaai is net 2 km van die sandstrand van Franskraal en Uilenkraalsmond af. Kleinbaai het 'n lieflike getypoel en baie klein poele langs die kuslyn. Gaste kan ook in die omtrek fietsry, perdry, hardloop, fat-bike-toere onderneem en hengel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Carina D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Baie lekker en rustig en vriendelike gasvrou.
Okt 2024
Bardene T
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gekuier. Julle tuisgebakte beskuit, konfyt en muesli is tops! Die geriewe en diens was onverbeterlik! Ek sal beslis weer terugkeer. Pr...
Sien meer
Okt 2024
Bernadette K
5.0
Awesome. Ons het ons tyd geniet by Aire del Mar. Die personeel is baie vriendelik en ontbyt was heerlik.
Mrt 2024
Helette D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was lekker. Was 10de huweliksherdenking en was heerlik om uit die huis te wees.
Aug 2023
Belindie D
Saam met lewensmaat
4.6
Lovely breakfast included. Friendly staff, lovely breakfast included, definitely worth the price.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Van Dykstraat 77, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aire del Mar Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 820
R 1 820 R 1 547
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 820
R 1 820 R 1 547
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Dykstraat 77, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA491af42e2e7bb62fb3f72df55cc22cfcbc7e1928577898fdc492830f644ce6c6dab7c828e48ad8889f7e954afe9f9f3eb6cb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 820 nouVanaf R1 547 per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 77 Van Dyk Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.6137157 19.3631437

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang