Airlie Constantia Cottages
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spaanschematrivier Pad, Constantia, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Airlie Constantia Cottages is in Constantia, een van Kaapstad se oudste voorstede, geleë. Dié voorstad is wêreldbekend vir sy wyne en het amper 'n plattelandse atmosfeer, ten spyte van die feit dat Kaapstad se Suidelike Voorstede maklike toegang tot die stad en Houtbaai met die Constantia Nek-pad bied.
Verblyf word gebied in 2 eenslaapkamer-selfsorgkothuise. Elke kothuise het sy eie privaat ingang, tuin, stoep of binnehof en is ten volle vir selfsorg toegerus. Gaste deel die parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.
Airlie Cottage is ruim en het 'n privaat swembad in 'n skaduryke tuin met 'n braai-area, 'n kaggel en 'n visdam. Gigi's Cottage is 'n knus, kleiner eenslaapkamerkothuis met 'n houtkaggel, 'n stoep, 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet, asook 'n oopplan-kombuis. 'n Gedeelde wassery is beskikbaar.
Sonpanele, 'n battery en omsetter verseker dat daar geen kragonderbrekings is nie. Verder bied die verblyf vinnige WiFi en 24 uur-sekuriteit.
Die verblyf is op Spaanschematweg, 'n gewilde roete vir hardlopers en fietsryers wat vir die Argus-toer of Two Oceans Marathon oefen. Die verblyf word omring deur groenstroke wat na bestemmings, soos Kirstenbosch-tuine lei. Groot Constantia Wynplaas is net 1 km se stap ver.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Spaanschematrivier Pad, Constantia, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Airlie Constantia Cottages het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spaanschematrivier Pad, Constantia, 7806, Wes-Kaap