Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Accommodation Unwind

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caudatastraat 19, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Accommodation Unwind is in Langebaan geleë, 4 km vanaf die Weskuspark en 3,5 km vanaf die gewilde Langebaan-strandmeer.

Hierdie pragtige Weskusdorpie bied jou die rustigheid van ongerepte natuur aangesien die Langebaan-strandmeer deel is van die Weskus Nasionale Park, wêreldwyd bekend vir sy voëlkykplekke vir trekvoëls deur die jaar, en die Southern Right-walvisse wat die strandmeer jaarliks besoek tydens die winter en vroeë lente seisoen.

Die akkommodasie bestaan uit 2 woonstelle op die grondvloer, waarvan een 'n knus tweeslaapkamerwoonstel met eie Jacuzzi is, terwyl die ander 'n knus enkelwoonstel is. Eenheid A, die 2-slaapkamerwoonstel met eie Jacuzzi beskik oor 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Hierdie kamers deel 'n badkamer. Die woonstel het ook 'n volledig toegeruste kombuis en sitkamer met 'n TV wat DSTV het. Buite is daar 'n patio met 'n Jacuzzi, eet- en braaigeriewe wat oor 'n tuintjie uitkyk.

Eenheid B, die bachelor-woonstel, het 'n oopplan-uitleg met 'n koningingrootte-bed, kombuisie en en suite-badkamer. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met DSTV-kanale in. Buite is daar 'n klein patio met braai, tafel en twee stoele.

Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien en daar is 'n afstandbeheerde hektoegangstelsel wat gaste gratis toegang 24 uur per dag bied. Daar is ook 'n omskakelaar met sonpanele tydens beurtkrag.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 125 resensies vir Accommodation Unwind
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 125

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Caudatastraat 19, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Accommodation Unwind het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caudatastraat 19, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4MGIyMGI4LWY2OWMtNGZiOS05OWFkLWU3ZjlhOTUwYmIyYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 125 5 1 5 19 Caudata Street Myburgh Park 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.096242995215 18.044305771828

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang