Albatross Guest House
- Kapasiteit: 13 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Victory-weg 37, Simonskloof, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Albatross Guest House is bokant die unieke, historiese, vlootdorpie Simonstad geleë. Dié gastehuis bied gerieflike verblyf en asemrowende, onbelemmerde uitsigte oor Valsbaai en die berge in die verte.
Albatross Guest House het 2 ruim, goed ingerigte selfsorgwoonstelle en 2 "deluxe" dubbelkamers. Elke woonstel bestaan uit 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n aparte sitkamer met 'n kombuisie en 'n privaat balkon. Beide eenhede spog met asemrowende uitsigte oor die baai en op die omliggende berge. 'n Kontinentale ontbyt is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. Altwee eenhede het WiFi-toegang en parkeerplek van die straat af onder sekuriteitsligte.
Hierdie gastehuis se ligging is ideaal vir besoekers wat wil ontspan na 'n besige dag met 'n skemerkelkie in die hand en lieflike uitsigte oor die seiljagklub en die vlootbasis.
Doendinge in die omgewing: skubaduik, gholf en stap. Besienswaardighede: pikkewynkolonie (sowat 3 km van die gastehuis af), Kaappunt (sowat 15 km), bootvaarte na Robeiland of Kaappunt, duikboot-toere, haaihokduik en begeleide kajakvaarte.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Andre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Victory-weg 37, Simonskloof, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Albatross Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 13 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Victory-weg 37, Simonskloof, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang