Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Albertinia Hotel

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Vanaf R495 per nag, vir 1 mens
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die bekoorlike en unieke Albertinia Hotel is in 1900 gevestig en het sedertdien 'n uitstekende naam opgebou vir plattelandse gasvryheid en Tuinroete-verblyf op sy beste. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid op die Tuinroete.

Die wonderlike atmosfeer, kos, gerieflike verblyf en goeie diens het die hotel nasionaal en internasionaal bekend gemaak. Die verblyf bestaan uit 10 slaapkamers wat elk uniek versier is. Die kamers is ingerig met of 'n enkelbed, dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Geriewe in die kamers sluit 'n waaier, verwarmer, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt geniet in die restaurant op die perseel. Die restaurant bedien ook ander puik etes wat ietwat legendaries geword het. Daar is 'n kroeg met goeie voorraad, waar verskeie drankies bestel kan word. Vir ons sakereisigers bied Albertinia Hotel konferensiegeriewe en ons het ook 'n venue vir troues en sosiale geleenthede. Spyseniering is beskikbaar.

Parkeerplek is beskikbaar vir voertuie op die perseel. Die dorpie self is klein en rustig en geleë teen die voet van die Langeberge op die Tuinroete. Die Jakkalsvlei Wynkelder is net 'n entjie met die straat op en is oop vir die publiek.

Gebruik Albertinia Hotel as jou blyplek as jy die verskillende doendinge en besienswaardighede van die omgewing op die proef stel. Ander prettige doendinge wat gaste kan geniet sluit in: gholf, voëlkyk, wildritte, 4x4-roetes, hengel en fabrieke wat aalwynprodukte vervaardig. Dit alles is binne 10 minute se ry van ons af.

Kenmerke

Veilige Parkering

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.4
Veiligheid
4.2
Gaste se hoogtepunte
Marnell K
5.0
Alles wat jy nodig het. Baie dankie vir die laat inboek en vriendelike hulp.
Jun 2024
Johan D
Besigheidsreis
5.0
Rustig met die vriendelikheid van pragtige mense. Bekostigbare, skoon en netjiese verblyf met dames soos Ingrid, Carina en Germari, wat die woord klië...
Sien meer
Nov 2023
Cecile R
Saam met lewensmaat
5.0
Outydse elegansie en gasvryheid. Pragtige ouwêreldse hotel en dekor. Ons is baie warm verwelkom en het heerlik geëet.
Apr 2023
Jurgens S
Saam met lewensmaat
4.8
Baie gasvry. Baie interresante geskiedenis.
Jan 2023
Kim D
Saam met lewensmaat
4.6
Quaint and quirky. The hotel room, restaurant, and service were amazing. Definitely shall return. Thank you, Albertinia.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Sebastian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albertinia Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R495
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R495
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 61, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3ZjVlZjFiLTQ1NGMtNDgzMC1hODczLTA2MGEzODYxODY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R495 per nag, vir 1 mens 49 5 1 5 61 Main Road Albertinia 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.203434957683 21.584779373016

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang