Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alika's

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gert En Elna G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Alikas word hoog aanbeveel. Waarde vir geld. Asemrowende see-uitsig. Die huis is ruim en smaakvol ingerig. Die kombuis oortref alle selfsorgbehoeftes met alles wat benodig word. Rilda gaan uit haar pad om sorg te dra dat alles skoon en netjies is. Sy dra dit op haar hart om dit so gerieflik as moontlik te maak vir die gaste en gee aandag aan klein detail.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Baie dankie, Gert en Elna, julle was droomgaste!

Chris-marie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Pragtige huis met die beste uitsig wat jy kan kry. Heerlik gebly, pragtige huis, netjies en skoon, veilig, met meer geriewe as enige ander vakansiehuis wat ons nog in gebly het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Chris Marie, baie, baie dankie vir jou positiewe resensie. Dit beteken baie vir my. Kom kuier weer!

Mariëtte C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2023

Net wat my siel nodig gehad het! Alika is versekerlik die huis met die mooiste uitsig oor die see! Die woonstel is baie netjies, lekker groot en baie goed ingerig. Met kragonderbrekings het ons steeds WiFi gehad, kon TV kyk, en daar is 2 gasstofies wat baie verbruikersvriendelik is. Die groot (en baie groen) grasperk was verseker my 3 jarige se hoogtepunt. Ons is reeds besig om ons volgende besoek aan Alika's te beplan. Hulle het die standaard vir selfsorghuise baie hoog gestel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Sjoe, Mariette baie, baie dankie vir jou positiewe kommentaar. Waardeer en beteken baie vir my. Julle was droom gaste en altyd welkom.

Anton S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Die plek waar gaste soos vriende ontvang word. Rilda doen alles in haar vermoë om gaste gemaklik te maak. Vanaf die voorlopige bespreking tot bevestiging hou sy persoonlike kontak met jou. By inkloktyd ontmoet sy jou by die eenheid om jou te verwelkom. Alles wat jy benodig is in die eenheid en van goeie gehalte. Die woonstel is puik en word pynlik netjies skoongemaak. Pragtige uitsig oor die see en lekker stil. Ons beveel die plekkie graag. aan. Dankie Rilda vir die voorreg om jou plekkie te kon huur.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Anton, baie, baie dankie. Waardeer julle terugvoer. Hoop ons sien gou weer en die keer is daar 'n "Inverter" vir beurtkrag.

Carina D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2023

Droom seevakansiebestemming. Die huis is pragtig, skoon en netjies. Die uitsig oor die see vanaf die stoep is asemrowend mooi. Ons het dit so baie geniet en sal die plek definitief aanbeveel en gaan vir seker met 'n volgende vakansie weer kom oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Carina, Baie dankie, hopelik is ek daar as julle weer kom kuier. Nogmaals baie dankie vir julle bespreking. Rilda

Dalme M
Kort verblyf
5.0
Jan 2023

Perfekte vakansieplek vir ons gesin. Alika's het ons verwagtinge oortref. Dit bied alles wat mens tydens jou vakansie nodig het en nog meer. Baie gerieflik met pragtige uitsig. Wonderlike gasvrou. Baie dankie dat ons heerlik kon vakansie hou by Alika's.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Dalme, Baie, baie dankie vir jou positiewe kommentaar. Dit was so lekker om julle daar te he. Hoop ons sien eendag weer. Groete Rilda

Dominique W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Sep 2023

Pragtige blyplek, goed toegerus, mooi uitsig. Die blyplek was netjies en toegerus met alles wat ons nodig gehad het. Die kwaliteit van die toebehore en kombuisware is goed. Die uitsig is baie mooi. Die gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam en te alle tye besorg oor ons en ons verblyf.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Rilda
Alika's
Baie dankie Dominique, hoop julle kom weer kuier en kan ons ontmoet.

Anonieme gas
Lang verblyf
2.8
Apr 2023

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Marlise V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2022

Baie lekker. Eienaar is baie vriendelik en altyd beskikbaar. Stapafstand van die strand af. Lekker privaat.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Dankie Marlise.

Nadine J
Kort verblyf
5.0
Okt 2022

Wonderlik. Heerlike verblyf, ons familie het dit vreeslik geniet! Lieflike huis met pragtige uitsigte!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rilda
Alika's
Dankie Nadine! Julle is altyd weer welkom!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: See-keeromstraat 5, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjROR84W0oHVWeroHaC2sp0qrMIA6LbVESNjK66lCXPFuRbuhhc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 46 5 1 5 5 See Close Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -34.419831094654 21.349100340227

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang