Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alikreukel

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaap De Goede Hoop-laan, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Alikreukel is 'n lieflike selfsorg-vakansiewoonstel in die hartjie van 'n besige area in Hartenbos. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit stapafstand van die strand en ATKV se vermaakarea is.

Die grondverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n ekstra matras. Die badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, gasplaat, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n etenstafel waar gaste maaltye saam kan nuttig. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met buitesitplek waar gaste met 'n oggendkoffie of skemerkelkie kan ontspan. Ingeboude braaigeriewe is reg voor die woonstel beskikbaar. Gaste het toegnag tot 'n veilige onderdakparkeerplek binne die kompleks.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Urs B
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker uitgerus by die see! Hierdie woonstel was fantasties! Die ligging is perfek – alles wat jy nodig het, is binne stapafstand, van winkels, die se...
Sien meer
Des 2024
Tanya V
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker bekostigbare netjiese woonstel naby die see! Netjiese woonstel met 'n goed toegeruste kombuis! Klein maar mooi en maklik om skoon te hou. Stapa...
Sien meer
Sep 2023
Yneata B
Gesin met tieners
5.0
Tops in alle aspekte. Ek het my verblyf verskriklik geniet. Die plek was baie netjies, die eienaar het gou reageer op navrae, sekuriteit was tops, die...
Sien meer
Aug 2023
Emmie R
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker ontspan in die skoon en mooi gemeubileerde woonstel no 50. Die eienaar was vriendelik en ons het tuis gevoel. Lekker om in Hartenbos te kuier.
Jun 2023
Janita B
Gesin met tieners
4.6
Goed toegerus, sentraal geleë. Netjies en volledig toegeruste woonstel wat goed geleë is - stapafstand van alles. Ons is vriendelik ontvang. Sal weer ...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marelise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Kaap De Goede Hoop-laan, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alikreukel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaap De Goede Hoop-laan, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd7bdfdc63b0c75d66d1b5844b005fe8cf92b249695e733c9b57d26d12fd2c522d223a54baf07de1109373f058ca58a4dd67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5) 5 5 1 5 Kaap De Goede Hoop Laan Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.126132241819 22.115879022834

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang