Alive @ 4
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bob Bouwer-singel 4, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Alive @ 4 bied netjiese verblyf in die kusdorp Mosselbaai. Verblyf word in die vierslaapkamerhuis, naamlik Alive @ 4 Villa, en 2 woonstelle, Alive @ 4 Chalet 1 en 2, wat elk 'n eie ingang en onderdakparkeerplek het. Die eenhede is naby Bayview en stapafstand vanaf Hartenbos en Diaz-strand.
Alive @ 4 Villa beskik oor 4 slaapkamers wat slaapplek vir 8 gaste het. Dit het 2 badkamers wat 'n stort, bad, toilet en wasbak het. Daar is ook 'n gastebadkamer met net 'n toilet en wasbak. Verder is daar 'n leefarea met 'n binnebraai, 'n TV-kamer, 'n eetarea met 'n etenstafel en 10 stoele, 'n toegeruste kombuis en 'n waskamer. Elke slaapkamer het sy eie balkon met 'n see-uitsig.
Alive @ 4 Chalet 1 en 2 het elk slaapplek vir 4 gaste, 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort en/of 'n bad, toilet en 'n wasbak. Elkeen se leefarea het 'n sitarea met 'n platskerm-TV, eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 6, asook 'n kombuis. Die kombuis is met 'n induksiestoofplaat, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Elke eenheid het ook 'n dagbed in die sitarea wat in 2 driekwartbeddens of 'n dubbelbed omskep kan word. Die slaapkamers en sitareas lei elk na 'n balkon of 'n stoep met 'n see-uitsig.
Gaste het toegang tot die swembad en sonstoele, asook nog 'n badkamer met 'n toilet, stort en wasbak. Daar is ook verskeie plaaslike winkels en restaurante wat gaste kan besoek. Hartenbos en Diaz-strand se waterparke is ook naby en ander aktiwiteite in die area sluit Zipline en valskermsweef in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Bob Bouwer-singel 4, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Alive @ 4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bay View Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bob Bouwer-singel 4, Bayview, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang