Aliwal Anchorage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Exter Place 2, Widenham, 4170, KwaZulu-Natal
- Vanaf R770 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Aliwal Anchorage is in Widenham en bied gehalteverblyf aan 'n paartjie of sakereisiger. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede.
Verblyf is beskikbaar op 'n residensiële perseel in 'n stil woonbuurt. Daar is 'n koningingrootte-bed wat geskik is vir 2 gaste. Ander geriewe sluit 'n plafonwaaier, kluis, insek-skerms op van die vensters, tee- en koffiemaakgeriewe, gratis gasvryheidskinkbord en 'n yskassie in. Daar is nie kookgeriewe nie. Die oopplan-badkamer het 'n reënstort, spieëlkas, toilet en wasbak. Dit het nie ’n deur nie.
Gratis WiFi word voorsien en daar is 'n opvoubare lessenaar vir sakereisigers. Daar is ook 4 USB-kragpunte in die kamer.
Die skuifdeur lei na 'n tuin waar gaste onder 'n boom kan sit en ontspan terwyl hulle 'n koppie koffie drink. Stoele en 'n tafel word ook buite voorsien. Ontbyt is 'n opsionele ekstra en kan op die dek bedien word as die weer dit toelaat, met 'n uitsig oor 'n groen vallei en oor die see in die verte.
Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig op die perseel beskikbaar langs die oprit, wat redelik steil is, want die eiendom is op 'n heuwel. Die huis is 800 m vanaf die naaste strandpad.
Widenham is 'n baie rustige woongebied wat grens aan die dorpie, Umkomaas. Daar is baie min winkels in Umkomaas, maar daar is 'n paar restaurante, 'n KFC, en ook 'n SuperSpar vir daaglikse benodigdhede.
Die area is wêreldbekend vir sy toegang tot die Aliwal Reef waar gaste kan skubaduik, haaihokduik en visvang. Verskeie huurbote vertrek vanaf Umkomaas. Daar is ook 'n pragtige gholfbaan, goed versorgde rolbalbane en 'n Park Run oorkant die rivier in Ilfracombe. Ander geriewe naby sluit gholfbane, veldrafroetes en pragtige strande met 'n paar lieflike snorkelplekke in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
Ekstras
- Kroegyskas
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lyn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Exter Place 2, Widenham, 4170, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Aliwal Anchorage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mid-Illovo Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Exter Place 2, Widenham, 4170, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang