Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alkantmooi Private Nature Reserve Keursee

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alkantmooi, Keurboomsrivier, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 R1 840 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Op die kruin van die heuwel by Alkantmooi Privaat Natuurreservaat Keursee word jy alkant deur beeldskone natuurtonele omring. Die blougroen Indiese Oseaan, die groen en goud van die inheemse bosse en die fynbos wat die blougrys berge bedek word perfek afgerond deur die potblou Afrika-hemel. Die Keurboomsrivier vloei deur hierdie saamgeflanste kleur-skouspel. Die verblyf het sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede. Elke eenheid het asemrowende uitsigte, 4 eenhede het elk 'n volledig toegeruste kombuis, en 1 eenheid het 'n kombuisie. Elke eenheid het 'n oopplan-leefarea en badkamer met 'n bad en stort, of slegs 'n stort. Geriewe in elke eenheid sluit WiFi, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis en 'n haardroër in. Linne en handdoeke word voorsien. Die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Alkantmooi Privaat Natuurreservaat is in die Keurboomsriviervallei naby Plettebergbaai geleë. Die Portugese ontdekkingsreisiger, Manuel de Perestrelo, het Plettenbergbaai oorspronklik Bahia Formosa of "Die Pragtige Baai" genoem, en dit is op die bekende Tuinroete in Suid-Afrika.

Hoewel Alkantmooi slegs 10 km vanaf Plettenbergbaai se goed-ontwikkelde vakansiegeriewe geleë is, is dit tog afgeleë genoeg om privaatheid te verseker en die nodige stilte en rustigheid vir 'n onvergeetlike wegbreek te bied.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Sonelle L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam - sal beslis aanbeveel. Vriendelike ontvangs, pragtige uitsig, luukse verblyf wat goed ingerig is en ekstra moeite wat gedoen is vir on...
Sien meer
Aug 2024
Juli V
Saam met lewensmaat
5.0
Puik ligging, rustig, goed toegerus. Asemrowende uitsig! Pragtige, skoon, goed toegeruste kamer, kombuis met alles wat jy nodig het! Ons sal definitie...
Sien meer
Jul 2023
Heine S
Gesin met tieners
4.8
Asemrowend mooi. Keursee 89 is ruim met al die geriewe wat mens nodig het. Die eenheid is onder die eienaars se huis geleë, maar is wel steeds baie pr...
Sien meer
Jun 2024
Siegfried L
Saam met lewensmaat
4.8
Die woonstel het alles gehad wat ons benodig het en 'n pragtige uitsig. Ja, ons het lekker gebly.
Mrt 2024
Claudia K
Saam met lewensmaat
4.6
Al te mooi! Verskriklike mooi plek omring met die natuur en 'n uitsig oor die see. Ons het baie goed uitgerus en ons verblyf baie geniet. Ons kamer wa...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Magdeld Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 110

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Alkantmooi, Keurboomsrivier, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alkantmooi Private Nature Reserve Keursee het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 300
R2 300 R1 840
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 300
R2 300 R1 840
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alkantmooi, Keurboomsrivier, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc7c2403a35c9e40353712f28a753722d5da20dd89ebc87f16b5d68ec8f2da003b7574e78acc008d4076e5cbd21eb484701e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 300 nouVanaf R1 840 per nag (plek vir 2) 82 5 1 5 Alkantmooi Keurbooms River 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.002020940298 23.40678781271

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang