Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

All over Africa Gastehuis

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ambrosia-straat 133, Birch Acres, Kemptonpark, 1618, Gauteng
  • Vanaf R1 000 R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

All Over Africa Gastehuis is 'n grasdak gastehuis wat verblyf bied vir sakereisigers sowel as vakansiegangers, in die stil woonbuurt Kempton Park. 'n Ruim ontbyt, driegang-aandetes asook middagetepakkies is ook beskikbaar.

'n Verteenwoordiger sal gaste van O.R Tambo Internasionale Lughawe kom haal en weer aflaai teen geen bykomende koste, mits dit gedurende werksure plaasvind. Indien afhaal of aflaai na-ure vereis word, sal 'n klein fooi betaalbaar wees. Die gastehuis kan ook toere in en om Gauteng reël.

Gaste het 'n keuse van 6 kamers met slaapplek vir tussen 2 en 3 mense, en kan óf die Renoster-, Leeu-, Luiperd-, Cheetah-, Buffel- of Olifant-kamer bespreek. 4 van die kamers is grasdak.

Die kamers is ingerig met gemaklike enkel-, dubbel- of koningingrootte-beddens. Vier van die kamers het en suite-badkamers, terwyl 2 kamers die gebruik van 'n badkamer deel. Al die kamers is toegerus met 'n TV met DStv, waaiers, verwarmers, tee- en koffiemaakgeriewe, asook gratis WiFi. 3 van die kamers het ook mikrogolwe sowel as yskassies. 3 van die kamers is in die huis en 3 is buite die huis met sy eie ingange.

All Over Africa Gastehuis is net 7 km vanaf Festival Mall, 12 km vanaf Greenstone Winkelsentrum, 13 km vanaf Mall of Africa, en vele meer winkelsentrums. Dit is ook naby gholfbane en ander sportgeriewe. Toere in en om Johannesburg en Pretoria kan ook gereël word teen 'n bykomende koste op versoek. Ander besienswaardighede sluit die Voortrekkermonument, Cullinan-diamantmyn en Gold Reef City in. Die gastehuis bied ook toere na die Krugerwildtuin aan.

Die gastehuis bied toere na al die toeristebestemmings in Gauteng, insluitend 'n diamantmyntoer, die Voortrekkermonument, Wieg van die Mensdom, die leeu- en renosterpark en 'n toer deur die grotte.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Reitze Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Ambrosia-straat 133, Birch Acres, Kemptonpark, 1618, Gauteng
  • Gaste dink All over Africa Gastehuis het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R1 000 R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 000
R1 000 R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ambrosia-straat 133, Birch Acres, Kemptonpark, 1618, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAczWWwEMEgw3XSmhK7ZoSLuJWmYJ8PK9AJZ9O2WsRnA439XwaRB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R900 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 133 Ambrosia Road Birch Acres 1618 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.063912636875 28.201343929813

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang