Alliegeld Nature's Valley
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Forrest-rylaan 280, Nature's Valley, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Alliegeld is ‘n dubbel verdieping A-raam houthuis genestel aan die voet van die Tsitsikama bergreeks. Die gedruis van die golwe is hoorbaar van die oomblik wat jy arriveer. Die strand is 350m te voet waar jy die alledaagse gejaag en sorge agterlaat. Hier is jy omring met asemrowende natuurskoon wat van jou agterplaas tot by die see strek. Ontdek die Strandmeer en kort staproetes wat hierdie omgewing aanbied, of ontspan by die Blue Rocks Cafè, die enigste restaurant en kafee in “die Valley”.
Hierdie gemaklike selfsorg-vakansiehuis is die perfekte ontsnapping van die normale werksroetines en gejaag. Laat Alliegeld jou wegneem na ’n oase van rus en natuurskoon in die hartjie van die Tuinroete. Die agtererf is ’n onbedorwe braai-area wat beskermend omhels word deur die bosagtige berg flora. Hierdie akkommodasie leen hom daartoe om die beste van binne- en buite-vakansieherinneringe te maak.
Die oopplan leefarea op die grondvloer lui na die hoofslaapkamer en badkamer (geen stort). Hout trappe lei jou na die volgende vlak waar daar twee slaapkamers met 5 enkel beddens is. Die woonstel agter in die erf het sy eie oopplan leefarea met ’n binnebraaifasiliteit en ’n slaapkamer met ’n dubbelbed. ’n Tweede badkamer (met ’n stort) dien ook as ’n waskamer met ’n tuimeldroër en ’n wasmasjien.
Die vakansiehuis akkommodeer 9 gaste in 4 slaapkamers (insluitend die woonstel). Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese oond en stoof, mikrogolf, yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, breekware en kombuistoerusting. Vir beurtkrag kan die gasbottel en gasplaat uitgehaal word. ’n Slim TV is in die leefarea gemonteer en gekoppel aan OVHD (SABC1-3, ETV ens.), bring gerus u eie DSTV dekodeerder.
Die ongerepte natuurskoon vorm ’n blaredak waar 3 tot 4 voertuie gemaklik kan parkeer. Onthou asseblief dat troeteldiere nie toegelaat word nie, aangesien Alliegeld in ’n nasionale park geleë is.
Kom beleef ’n onvergeetlike wegbreek by Alliegeld en herlaai jou siel in die omarming van die natuur.
Kamer-opset
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 20
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Forrest-rylaan 280, Nature's Valley, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Alliegeld Nature's Valley het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nature's Valley Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Forrest-rylaan 280, Nature's Valley, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang