Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Almar Exclusive Game Ranch

Wildsplaas

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Sakkie B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Baie nice Uitstekende lodge vir oorslaap of net rustig wees. Sien sterre toegeken. Baie aangename en behulpsame gasheer. Sal beslis weer hier oorslaap as die geleentheid hom voordoen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

Onvergeetlike ervaring. Rus vir jou siel en verkwikking vir jou gemoed. Die stilte van die plaas en die omgee van die gasheer en -vrou. Met ons aankoms was ons gul ontvang deur die gasvrou. Al was daar beurtkrag, het hulle geen moeite ontsien om ons te laat welkom voel nie. Ons was nooit bewus van beurtkrag nie, want die kragopwekker was altyd gereed. Die boma was so 'n aanwins waar ons tot laataand na die sterreprag kon kyk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gershon N
1 nag Besigheidsreis
5.0
Mrt 2023

The ideal place to stay after a hard day's work. This is one of the very few places I travelled to that the pictures don't do it justice. Our host was amazing and went above and beyond. The place was extremely peaceful and the ideal place to just relax after a full day. The meals were beyond delicious and the care in preparation of the food was evident in its presentation and taste.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlené V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2023

Baie rustig met die mooiste wildbesigtinge. Die eienaar gaan uit sy pad uit om elke gas tuis te laat voel. Ons het behoorlik ons batterye herlaai.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Denise F
1 nag Saam met lewensmaat
3.2
Mei 2023

Eienaar vriendelik, omgewing pragtig, verblyf mooi en skoon. Lekker gesels met die eienaar. Ons was die enigste gaste en dit was Moedersdag, so ek glo die eienaar het sy deel vir Moedersdag gedoen en sy vrou se pligte vir die dag oorgeneem! Ons verstaan dus, in 'n mate, die probleme wat daar was, maar vir die prys, wat amper gelykstaan aan Bona Bona se tariewe, is dit eintlik nie 'n verskoning nie. Die yskas en TV het nie gewerk nie. Geen slaaibak. Geen melk vir koffie nie. Ons het 'n uur in die donkerte gesit voor die krag aangegaan het. Oggend met load shedding was daar nie waterdruk nie en kon ons nie stort nie. Die pad was baie sleg, maar seker die reën se skuld. Dit is alles dinge wat kan gebeur en daarom sal ons nogsteeds die verblyf aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Almar
Almar Exclusive Game Ranch
Baie dankie vir u terugvoering. U het ,n selfsorg eenheid bespreek, dit beteken egter dat u u eie kos, drankies, ens. moet saambring (koffie, melk, ens.). Ek het self die TV getoets, u moet dit net op HDMI gehou het. Ons het n nuwe yskas in die eenheid ingesit. Die land ondervind kragonderbrekings, dus skakel die kragopwekker vanaf 18h00 aan. Ek het vir u al ons kontaknommers gegee indien daar enige probleme opduik, U het egter nie vir my laat weet dat u probleme ondervind het nie en sou met die grootste graagte u wou help.

Pieter V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Vriendelike ontvangs. Netjiese skoon akkommodasie. Lekker lapa om te braai. Vriendelik ontvang deur die gasheer. Die akkommodasie was puik. Lugversorging, TV ens is beskikbaar in chalet. Heerlike ontbyt genuttig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carien H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2022

Dit was te kort! Pragtige selfsorgeenheid. Die reedsgepakte braaivleisvuur het ons baie welkom laat voel. Werklik 'n lieflike plek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nelia V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Rustig en gemaklik. Baie dankie vir 'n rustige, gemaklike ervaring. Heerlike aandete en ontbyt was vreeslik lekker. Die eienaars se warm persoonlikhede maak die bestemming sommer nog meer spesiaal. Dis steeds beslis die moeite werd en ons sal beslis weer by Almar gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Clint K
1 nag Saam met vriende
5.0
Mei 2022

It was a great place with great service, was very clean. Loved it. The owner and staff definitely went above and beyond with their service, exceptional service and value for money. Will definitely be back again, this time for a longer visit.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ben K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Heerlik gebly in 'n rustige omgewing. Baie hartlik ontvang deur Michelle en Louanne. Baie dankie vir die netjiese en pragtige huis en die moeite wat julle gedoen het om ons tuis te laat voel. Ons het dit baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Almar Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R1 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkfontein Road langs die N12, Bloemhof District, Bloemhof, 2660, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbafc1b34b1957cebed92bde76cbe7e68b91924f52c76c5081875e494ff100de3c5289e974845436f49da328ebaeb33a1c39f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 Sterkfontein Road on the N12 Bloemhof District 2660 Noordwes 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -27.598739682849 25.356482863426

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang