Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Almar Exclusive Game Ranch

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkfontein Road langs die N12, Bloemhof District, Bloemhof, 2660, Noordwes
  • Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

'Almar Exclusive Game Lodge' is op 'n Wildsplaas in die Bloemhof Distrik geleë, in 'n malariavrye area, weg van die besige stadslewe. Ons is geleë tussen Bloemhof en Christiana op die N12/'Treasure Route', in die suid-oostelike hoek van die Noordwes Provinsie.

Ons het geriewe vir: troues, konferensies, funksies en jag.

Dit is die ideale wegbreek uit die stad, waar jy langs die swembad kan rus en ontspan terwyl jy die wild dophou wat by die watergat kom suip. Jy kan die vreedsame omgewing ervaar terwyl jy 'n staproete aanpak en die San rotskuns verken. 'n Ou ruïne wat dateer uit die Anglo-Boereoorlog, 1898-1902, op die plaas bied wonderlike foto-geleenthede. Saans kan jy braai of ontspan om 'n gesellige kampvuur, terwyl jy luister na die geroep van die jakkalse. Voëllewe en wild is volop elande, gemsbokke, rooihartebeeste, blesbokke, springbokke, volstruise, waterbokke, blou wildebeeste en sebras beweeg vrylik om die lodge.

Ons bied ruim, luukse en suite-slaapkamers met skuifdeure wat lei na die swembadarea. DStv,
Koffie- en teemaakgeriewe, yskas, lugversorging, 'n elektroniese kluis en haardroërs is beskikbaar. Die wittebrood-suite het 'n (en suite) spa-badkamer. Daar is ook luukse selfsorg-eenhede met hul eie klein bomas vir braai, wat agt gaste per eenheid kan akkommodeer. Daar is veilige onderdak-parkering en 'n swembadarea.

'n Pragtige klein kapel en funksielokaal vorm deel van die trou- en konferensiegeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Almar Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Sterkfontein Road langs die N12, Bloemhof District, Bloemhof, 2660, Noordwes
  • Gaste dink Almar Exclusive Game Ranch het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bloemhof Noordwes
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkfontein Road langs die N12, Bloemhof District, Bloemhof, 2660, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbafc1b34b1957cebed92bde76cbe7e68b91924f52c76c5081875e494ff100de3c5289e974845436f49da328ebaeb33a1c39f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense 52 5 1 5 Sterkfontein Road on the N12 Bloemhof District 2660 Noordwes 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -27.598739682849 25.356482863426

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang