Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aloe Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stockenstroomstraat 8, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aloe Guest House in Prins Albert het een van die mooiste uitsigte in die dorp en bied met trots 'n egte Karoo-ervaring aan gaste. Die gastehuis is net 5 minute se ry van die middedorp af. Daar is verskeie goeie restaurante, soos die Lazy Lizard, waar gaste 'n smullekker maaltyd kan geniet. Inkopies kan by die OK Foods gekoop word wat net 1 km van ons af is.

Die verblyf in die hooflodge is ideaal vir paartjies en groepe van 4. Die Aloe-kothuis het slaapplek vir 3 en die Aloe-gesinsuite het slaapplek vir 7.

Dit is in 'n stil en privaat deel van die dorp geleë en met aankoms sal jy begroet word deur 200 olyfbome en 'n wonderlike uitsig oor die omliggende landskap. Gaste kan rustig op die wandelpaadjies op die perseel rondloop en die plattelandse prag geniet.

Prins Albert is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap en dis op die randjie van die Groot-Karoo aan die voet van die Swartberge geleë. Die dorpie het baie outentieke Kaap-Hollandse-, Karoo- en Victoriaanse geboue en daar is verskeie museums, teaters, winkels, wynproelokale en markies om te geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.1
Veiligheid
4.1
Wat gaste dink
Henry W
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklike en aangename verblyf! Baie interessante gasheer, alles wat nodig is, is beskikbaar. Baie lekker. Stil en landelik!
Sep 2024
Denise B
Gesin met tieners
5.0
Puik. Dit was ongelooflik lekker. Baie ruim, rustig en met 'n 100% Karoo atmosfeer.
Jul 2024
Debbie C
5.0
So peaceful and quiet. We loved our stay. We had a braai in the evening and the stars were breathtaking. The cottage is quaint and quir...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Sonja C
Saam met vriende
5.0
Eenheid met baie karakter en is goed ingerig. Pragtige uitsig op die berge. Vriendelike ontvangs, al was ons laat nadat ons deur die Swartbergpas gery...
Sien meer
Mrt 2023
Elmarie D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n heerlike kuier met 'n rustige stil plaasatmosfeer. Die paar dae in die pragtige Prins Albert was rus vir die siel. Ons sal definitief die A...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Peter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 84

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Stockenstroomstraat 8, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aloe Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stockenstroomstraat 8, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFjYzg4OWVhLWRkNGMtNGE1My04YjZjLTY2YTgxOTk0ODEwMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 84 5 1 5 8 Stockenstroom Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.212904589261 22.030347682209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang