Aloe House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Torquay-laan 557, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Aloe House is 'n pragtige vakansiehuis wat selfsorgverblyf bied in Leisure Bay, 'n kusdorpie aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die huis is die ideale plek vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n ontspannende seevakansie.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die ruim hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en toegang tot 'n privaat balkon met 'n lieflike uitsig. Hierdie slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die ander slaapkamers is op die onderste verdieping. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Gaste in hierdie kamers deel 'n gastetoilet en 'n aparte badkamer met 'n bad.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en mikrogolf toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Hierdie area lei na 'n lieflike houtdek met 'n uitsig oor die omgewing. Die onderdakstoep spog met braaigeriewe, 'n buite-etenstafel, 'n area om kos voor te berei en sonstoele rondom 'n swembad.
Die eiendom is veilig en het 'n elektriese heining, outomatiese hek en 'n volledige alarmstelsel wat gekoppel is aan 'n sekuriteitsmaatskappy.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Glenda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Torquay-laan 557, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Aloe House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Torquay-laan 557, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang