Aloe House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Torquay-laan 557, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Aloe House is 'n pragtige vakansiehuis wat selfsorgverblyf bied in Leisure Bay, 'n kusdorpie aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die huis is die ideale bestemming vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n ontspanne seewegbreek.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die ruim hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en spog met 'n koninggrootte-bed asook toegang tot 'n privaat balkon met lieflike uitsigte. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die oorblywende slaapkamers is almal onder geleë. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl sy en suite-badkamer met 'n stort toegerus is. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, terwyl 'n koningingrootte-bed in die vierde slaapkamer beskikbaar is. Hierdie kamers deel die gebruik van 'n gastetoilet en 'n aparte badkamer met 'n bad.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en mikrogolf. Die leefarea bied 'n etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Dié area maak oop op 'n lieflike houtdek wat uitsigte oor die area bied. Die onderdakstoep spog met braaigeriewe, 'n buite-eettafel, 'n area om kos voor te berei, en sonstoele om die swembad.
Die eiendom is beveilig met elektriese heinings, 'n outomatiese hek, en 'n volledige alarmstelsel wat aan 'n sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Glenda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Torquay-laan 557, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Aloe House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Torquay-laan 557, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang