Aloe Ridge
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Hoofweg, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Aloe Ridge is 'n pragtige, moderne selfsorgvilla op die veilige Eden Rock Forest Estate in Pennington. Dit is smaakvol versier en ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike kuswegbreek buite die stad se gedruis.
Die dubbelverdiepingvilla bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die gaste in dié slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea spog met 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel vir 6 gaste en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is oral in die villa beskikbaar.
Die leefarea het 'n stapeldeur wat na 'n stoep met sitplek, sonstoele, braaigeriewe, 'n Jacuzzi en 'n swembad, sonder 'n net, lei. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Die landgoed is langs Selborne Gholfklub en naby die strand en restaurante geleë.
'n Omsetter en JoJo-tenks is in die geval van beurtkrag en watertekorte beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Resa Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Ou Hoofweg, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Pennington Kelso KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Hoofweg, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang