Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alpha One 501

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoof-rylaan 25, Alpha One, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 920 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Alpha One 501 is aan die voet van Seinheuwel geleë en spog met 'n uitsig oor Seepunt, die see en die sonsondergang.

Die luukse woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 moderne badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n balkon met 'n see-uitsig, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer wat 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die moderne oopplan-kombuis met lugversorging is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en beskik oor 'n kombuis-eiland met stoele. Die aparte opwaskamer is met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met gratis WiFi.

'n Groot skuifdeur in die leefarea lei na 'n groot balkon wat reg rondom strek en met 'n asemrowende uitsig oor die see spog. Die woonstelgebou bied 'n swembad en kuierarea op die vierde verdieping. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Hierdie woonstelgebou spog ook met 'n bietjie geskiedenis. Dit het 'n versterkte 19de-eeuse kanonskans uit die Anglo-Russiese konflik. Die kanonskans se tonnelnetwerk is herstel en in 'n ondergrondse wynkelder omskep. Hierdie oorblyfsel dien as 'n uitstalling met sitplek en wynproetafels, die eerste en enigste van sy soort in die stad.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Helen Geverifieer

Eiendomme 51

Resensies 28

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoof-rylaan 25, Alpha One, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 920
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R4 920
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoof-rylaan 25, Alpha One, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b3ff78c2f9a346a71c30dadc6bbf00fef13e8ed59bb022e96acd65358e74c5b2898ab5aefb39ccca45cb728c35f33df3ba8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 920 per nag (plek vir 6) 25 Main Drive Alpha One, Sea Point 8060 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.912595470029 18.397398541734

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang